Saterdag 29 Junie 2013

'n Woeste storm tref Wellington

Donderdag, 20 Junie 2013, net toe ek teen 17h30 by die kleuterskool in Johnsonville uitstap, bars 'n vreeslike storm los, die ergste in 40 jaar. Bome word omgewaai, dakke waai weg, spoorlyne verspoel, karre en paaie spoel weg, ruite waai uit en 20 000 huise sit sonder elektrisiteit vir dae lank en sommiges vir meer as 'n week. 

Die hele nag luister ons na die wind wat om die hoeke huil, maar min besef ons hoe groot die skade is. Eers die oggend toe ons opstaan en na die nuus kyk, besef ons hoe erg dit was. Ons moet op 'n manier beskut wees, want al skade wat ons het is die omheining aan die eenkant van die huis wat omgewaai het. Die treine vanaf Petone kan vir dae lank nie loop nie agv die spoorlyne wat verspoel het.

Vrydag moet ek egter maar gaan werk.  Ek sit in die verkeer, want almal ry met hul karre in omdat die treindiens, sommige busdienste en vlugte in en uit Wellington opgeskort is. Saterdag reën dit nog en ons sit nie ons neuse by die deur uit nie. Sondagmiddag het die wind gekalmeer en die reën stop. Ons kan dus self gaan ondersoek instel wat by Petone se strand aangaan, na al die beeldmateriaal wat ons op tv gesien het.

Die water het so hoog opgestoot dat die branders oor die muur gespoel het tot amper in die pad.

 Ons pragtige seegroen see is vol bruinwater! 'n Muurtjie deur 'n boomstomp omgestamp.

 'n Vis wat uitgespoel het, die meeue het al lekker aan dit geëet.


 'n Bootjie wat erens losgebreek het, verlore op die strand.

 'n Dak wat afgewaai het.

 Sondagmiddag is die rustigheid terug en 'n paar seilers is weer terug op die bruinsee.


Maandag, Dinsdag en Woensdag het ons weer heerlike sonskynweer. Die storm vergete, maar die stad moet teen 'n geskatte koste van veertig-miljoen dollar opgeruim word en baie gesinne sit nog steeds sonder elektrisiteit in die bittere koue weer.

Saterdag, 'n week later besluit ek en Hendrik om die strand te besoek, aangesien die weer gedraai het, die son skyn warm, geen wind of reën. Die pragtigste tonele ooit wag op ons en die selfoon kom natuurlik weer dadelik uit om foto's te neem. Die strand maak net die ongelooflikste mooi foto's!












Sondag 23 Junie 2013

Blenheim en Nelson


Blenheim val binne die Marlborough-distrik op die noord-oostelike deel van die Suid-Eiland. Dit het 'n populasie van 30500. Die distrik is bekend vir sy wyn, gourmet kosse en ontspanne leefstyl. Somers hier is warm en droog.






Oppad terug het ons met die Queen Charlotte Drive gery. Dis was al laatmiddag, maar ons het kon nogtans nog 'n paar mooi foto's neem voor dit donker geword het.



 Sneeu op die berge
Sondag ry ons Nelson toe en stop in Havelock by die cafe vir 'n brunch. Die eienaar vertel dat dit sy laaste dag in die cafe is, want hy kan nie meer bekostig om dit oop te hou nie. Hy beweer dat die dorp se mense hom nie ondersteun nie en hy dus afhanklik is van toeriste vir 'n inkomste.
 Soos gewoonlik het ons vergeet om die kamera se battery te laai en die fotonemery word beperk.

Nelson 






 Hierdie keer is dit nie die Wearable Art wat die aantrekkingskrag is nie, maar die vintage karre.
 HIerdie is Hendrik se droomkar,
 maar hierdie is die een wat hy kan bekostig.  
  Die DKW is gedurende die 1960's na New Zealand ingevoer vanaf Suid-Afrika. Dit is onlangs gerestoreer tot  sy oorspronklike voorkoms.
 Hier sien 'n mens nie van hierdie karretjies meer op die straat nie, maar elkeen van ons het erens in ons jeug in een gery in Suid-Afrika.
  Oppad terug na Picton het ons by die Giesen wynplaas gestop om wyn te proe en te koop   


Maandag het ons elfuur die ferry gehaal om terug te vaar Wellington toe op my verjaardag. Wat 'n lekker verjaardaggeskenk! Volgende keer gaan ons die kar saamvat en die res van die Suid-Eiland plat ry.