Soos jul seker kan voorstel dink ek baie aan die dood deesdae. Dis nie dat ek wil doodgaan of reeds moed opgegee het nie, maar ek dink dit is maar net iets waarop ek myself moet voorberei. Kanker is 'n rollercoaster ride met goeie en slegte dae, goeie en slegte nuus, dae van hoop en dae van wanhoop. Jy kan vir jouself jok en sê, ek gaan gesond anderkant uitkom, maar geen dokter gaan vir jou 'n waarborg gee nie. Hul gaan nie eens vir jou sê, jy is genees van kanker die dag wat hul nie meer kanker in jou liggaam kan kry nie. Nee, hul gaan sê, jy is in remissie of kankervry, want hul weet, eendag kan jy moontlik opstaan en die kanker het weer begin groei in 'n ander orgaan. As jy gelukkig is, val die siekte jou nie weer aan gedurende jou leeftyd nie of jy gaan dood van iets anders voordat dit kans kry om êrens anders te begin groei. Dood is nooit uitgesluit nie.
Ek het deur 'n rowwe week gegaan waar 'n onkoloog die wa voor die perde gespan het en begin praat het asof daar reeds verspreiding was van kanker na ander organe. Hy het woorde gebruik soos 'ongeneesbare siekte', 'agressiewe kanker' en 'geen behandeling'. Dis 'n angswekkende boodskap om aan te hoor. Toe die uitslae van die CT scan kom was daar geen verspreiding nie. Wat 'n verligting! Hierdie woorde het my laat besef dat ek wel oor die dood moet dink en my gesin daarop moet voorberei. Dood is nooit uitgeskakel nie en dis beter om die moontlikheid daarvan te bespreek as om onverwags daarmee gekonfronteer te word. Die gedagte om van jou geliefdes afskeid te neem, is 'n hartverskeurende gedagte, maar niemand gaan vir ewig lewe nie. Elkeen van ons is een dood verskuldig. Party van ons gaan jonk dood en laat jong kinders agter en kan hul kinders nie sien opgroei nie, hul vreugdes en hartseer deel nie, hul geluk wens met die mylpale wat hul bereik nie of kleinkinders vashou nie. Ander van ons word negentig jaar of ouer, maar raak swak en afhanklik van ander se versorging. Ten minste het ek my kinders sien groot word en die liefde ervaar wat 'n kleinkind in 'n mens se lewe bring. Ek weet ek het 'n goeie lewe gehad en daar is baie om voor dankbaar te wees, maar ek voel nie gereed om nou al vaarwel te sê nie.
Ek weet dit klink asof ek klaar dink dat ek gaan doodgaan, maar ek speel net rond met al in die inligting in my kop. My kop is reg op die oomblik en ek is gereed om die kanker te veg nadat ek verlede Saterdagnag begin siek voel het en Sondag met 'n temperatuur in die hospitaal opgeneem is. Ek is voos gesteek met naalde om bloed te trek en vloeistof van elke orgaan van my lyf is getoets, ingesluit van die nuwe kankeragtige limfklier in my nek. Maandag het hul my huis toe gestuur met 'n diagnose van cellulitis. Cellulitisis 'n bakteriële velinfeksie wat ontwikkel het waar die sist in my nek is. My nek was rooi, warm en geswel. Met 'n voorskrif vir antibiotika is ek huis toe, maar om die eerlike waarheid te sê, ek het alles behalwe beter gevoel en het die res van die dag uitgeput in my pajamas in die bed gespander.
Dieselfde middag het die dokter, Annie, die een wat ek die hoofmeisie noem, my gebel en gesê, volgens die toetsuitslae het hul 'n fout gemaak en ek moet so gou as moontlik terugkom om weer in die Hutt hospitaal op geneem te word. Antibiotika is in my lyf ingepomp deur 'n binne-aarse lyn om die cellulitis én longontsteking op te klaar. Ek het al die tyd gehoes vandat ek die tracheabuis ingehad het na die sjirurgie. Ek het ons huisdokter besoek, elke verpleegster en dokter wat ek oor die laaste weke gesien het, hieroor gevra, maar niemand het gedink ek het antibiotika nodig nie tensy ek 'n temperatuur ontwikkel. Gelukkig het ek toe 'n temperatuur ontwikkel en nou het ek antibiotika gekry en ek is dankbaar dat die gehoes amper verby is. Die eerste x-strale wat Sondagaand van my longe geneem is, het nie longontsteking aangetoon nie, maar toe hul dit Maandag herhaal het, het dit aangetoon dat daar diep, onder in my linkerlong grys kolle was.

Ek moet nog drie dae op die antibiotika bly al begin hul môre al die gif in my liggaam inpomp om die kanker dood te maak. Gelukkig voel ek nou gereed. Ek weet ek is gesond en emosioneel is ek gereed vir die ses weke wat voorlê.
1 opmerking:
A powerful and somewhat frustrating update for you Ronel. These are unknown times and it really does not help having people say things that may not be true and also personnel in hospital not following through. I am thinking of you today in particular as I have read that you could not start chemo today. Denyse x
Plaas 'n opmerking