Saterdag 31 Augustus 2013

Winterkarnaval 2013

Elke jaar in Augustus word daar afskeid geneem van die winter met die winterkarnaval hier in Petone. Die okasie word deur 40 000 mense bygewoon. Reën was voorspel vir die dag, maar gelukkig het dit nooit opgedaag nie. Die oggend was wel bewolk, maar was dit 'n heerlike warm dag. 

Ons woon so 500 meter van die strand af en het vroegoggend afgestap om te gaan kyk wat daar aangaan. Hendrik het 'n French Crepe geëet en ek 'n koffie gedrink en toe weer huiswaarts gekeer.
Pret vir die kinders



Asblikke vir herwinning met 'n man om seker te maak dat die regte goed in die regte asblik geplaas word.
Minigolf
My gunsteling kosstalletjie, Hot like a Mexican, en Hendrik s'n langsaan, French Crepes.
'n Polisieboot om ons op te pas teen ... ek weet nie wat nie.
Nog Kinderpret


Toe ons laatmiddag terugkom, word ons deur hierdie asemrowende toneel verwelkom.


Elke jaar word 5 of 6 houtstandbeelde opgerig. Daar word vroegoggend begin met die getimmer en sodra dit goed donker is, word dit een na die ander aan die brandgesteek. Daarna word die dag afgesluit met 'n vuurwerkvertoning vanaf die pier.






Scream Machine vir die jonges en ander dapperes onder ons.
 Sonsondergang met die verligte pier
Wellington City aan die anderkant van die hawe.
Die brandweer staan gereed vir die wis en onwis.
En dan word die beelde aan die brandgesteek

Twee chinese laterns word losgelaat.
En dan die vuurwerkvertoning om die dag af te sluit.


Wat 'n voorreg om deel te wees van die pret en daarna veilig terug te stap na ons huis in die donkernag! Die met karre sit in die verkeer vas vir 'n uur of meer, want om so klomp mense weer uit Petone te kry, is nie 'n maklike taak nie.