Kanker is 'n skrikwekkende woord en dis wat op Hendrik en my pad gekom het en daartoe gelei het dat ek nie die krag gehad het om my blog vol te hou nie. Daar is tye wat mens ook nie als wat in jou lewe aangaan met almal wil deel nie. Tyd bring heeling en dan kan mens meer objektief terugkyk na gebeure. Vir my is praat en skryf heeling, om met ander my emosies en gedagtes te deel, is terapie.
Daar het so baie in twee jaar gebeur. Ek het gedink dit is al baie langer sedert ek die laaste inskrywing gemaak het en was verstom om te sien dit was net twee jaar. Maar as ek terugkyk weet ek dit was stresvol, maar twee goeie jare. Wonderlike dinge het met ons gedurende die tyd gebeur. Ons was oorval met gebede nadat kanker by Hendrik gediagnoseer is wat hom die krag gegee het om kanker te oorwin. Rialeen het aangekondig dat sy swanger is en ons het 'n kleindogter, Aisling Yew Morris, ryker geword. Ons het ook ons eerste huisie in Wellington gekoop. Ek en Rialeen is ook nou al langer as vyf jaar hier en kan aansoek doen vir burgerskap. Hendrik se broerskind Carel, sy vrou Cheney en klein Carter, het by ons aangesluit in Wellington. Nou het ons darem ook familie net om die draai van ons. Ek is gevestig in 'n permanente pos en het 'n wonderlike kollega, Doug Tristran, met wie ek agt ure elke dag van die week by die werk deel. Waarvoor meer kan ek vra?
Hierdie is vir my 'n lekker manier om met almal te gesels wat in ons lewens belangstel. Hier kan elkeen sien wat gebeur met ons, die laagte punte en die hoogte punte. Ek kan ons foto's deel en terselfdertyd skep ek vir ons 'n dagboek en foto-album. Dis 'n verwysing vir ons kinders of kleinkinders in die toekoms as hul begin wonder oor gebeure in ons lewens. Vir my is dit 'n lekker manier om deel te bly van die lewens van die mense wat nou ver van my af woon in ander lande en met wie ek graag nog lang persoonlike gesprekke sou wou voer. Dit is ook 'n beskikbaar vir ander wat dit mag oorweeg om Suid-Afrika te verlaat as 'n bewys dat mens aanpasbaar is en 'n nuwe lewe êrens anders kan begin. Dis nie 'n maklike besluit nie, maar die uitkoms is vir ons goed en ons sal nooit terugkyk nie.
Ek het oorweeg om in Engels te skryf aangesien ek nou gemaklik is in Engels en baie van my vriende net Engels verstaan, maar ek besef dat ek vir die na aan my skryf en hul is Afrikaners. Dit sal net te onnatuurlik wees om oor my persoonlike lewe in Engels te praat. Gelukkig kan die Engelssprekendes, wat belangstel om dit te lees, die 'translater' gebruik.
My laaste inskrywing was in Junie 2014. Op daardie stadium het Hendrik alreeds baie gewig verloor, maar ons het aangeneem dit is as gevolg van die meer aktiewe lewe wat ons hier lei. Teen einde Augustus het hy begin siek word en na verskeie besoeke aan die huisdokter en die noodeenheid by die Hutt Hospitaal, is kolonkanker gediagnoseer. Hy is dadelik in die hospitaal opgeneem en die volgende dag is hy teater toe om 'n groot deel van die kolon te verwyder waar die fase vier kanker gediagnoseer is. Teen die tyd wat hy die hospitaal verlaat het, het hy net ses-en-vyftig kilogram geweeg.

Die laaste foto van Hendrik in Junie tydens ons besoek in Dunedin
Die dag wat Hendrik die hospitaal verlaat het
Dit was die begin van 'n agtien maande stryd om kanker te oorwin en terug te keer na 'n normale lewe. Dis 'n opdraende pad, maar ons albei was positief en het die stryd gestry, vasgebyt en heel anderkant uitgekom. Ons het soveel liefde en ondersteuning van almal gekry en van oral oor is daar vir Hendrik gebid.
Vir meer as 'n jaar moes Hendrik 'n stomasak dra en chemoterapie kry, maar genadiglik het die dokter besluit om die stoma om te keer in Oktober en van daar af kon ons lewens terugkeer na normaal. Hendrik moes nog herstel en sy krag herwin, maar in Desember het hy die krag gehad om Suid-Afrika te besoek. Hy het 'n intense behoefte gehad om sy familie en vriende weer te sien. Ons huis in Moreletapark is ook verkoop en hy het die geleentheid gebruik om ons finansies daar te gaan uitsorteer en geld oor te plaas om ons instaat te stel om ons eerste huis hier in Wellington te koop.
Vandag is Hendrik skoon van kanker en ons het soveel om voor dankbaar te wees. Ons sien uit na die toekoms hier in Wellington, New Zealand waar ons nou ingeburger is.