Hierdie week was 'n bedrywige week. Net Vrydag het ek en die dieetkundige besluit om die voedingsbuis in te hou vir nog twee weke, maar die buis het 'n mind van sy eie gehad. Maandagoggend terwyl ek stort val die skielik uit. Dit was 'n groot skok vir my. Ek het dit mos nie verwag nie. Nadat ek met die District's Nurse gepraat het, is ons reguit ongevalle toe. Dis skaars tienuur in die oggend en daar is reeds toue mense daar. Terwyl ons daar sit en wag, kom die idee op om 'n boodskap te stuur aan die dieetkundige en haar op die hoogte te bring van gebeure. Sy kom ook sommer dadelik af na ongevalle. Nadat ons 'n lang gesprek gehad het, het ek besluit om nie die voedingsbuis te vervang nie. Ek was reeds so verlig om sonder dit in my keel te wees, dat al my vrese verdwyn het dat ek nie genoeg sal kan eet nie. Nou ja, nou moet ek eet om te oorleef!
Donderdag het ek 'n afspraak gehad by die radiologie afdeling by Wellington hospitaal. Die hele span was daar om my te sien, selfs die plastiese chirurg wat my operasie gedoen het. Dit was 'n lekker verrasing om haar weer te sien. Almal was baie tevrede met my vordering en hul onderneem om vir my 'n afspraak by die oudioloë te reël vir 'n gehoortoets. Ek het ook 'n nuwe swelling aan die regterkant van my nek wat my bekommer. Daarvoor sal ook 'n skan gereël word.
Ek voel positief na die besoek, maar is uitgeput en slaap die middag om toe ek by die huis kom. Hannetjie, my skoonsuster van Auckland, was oppad om te kom kuier. Sy moet haar Suid-Afrikaanse paspoort laat hernu hier in Wellington en sal twee aande by ons oorslaap. Ek sien baie uit na die kuiertjie.