Woensdag 22 Januarie 2014

Sulet se besoek: Auckland

Nou ja, so kom Sulet se kort kuiertjie tot 'n einde. Ons kon net so hier en daar grond raak in Auckland, want daar is so baie om te sien, ons het nie geweet wat om te kies nie. Sulet wou graag die middestad gedeelte sien en dit is dus waar ons begin het. Ons het met die bus ingery en die dag in die stad deurgebring, koffie gedrink, toe Sushi geëet en met die Skytower opgegaan.




Die uitsig vanaf die Skytower is fantasties, maar dit maak nou nie eintlik mooi foto's nie.





Die volgende dag is ons Mount Eden toe om vir Sulet 'n vulkaniese krater te gaan wys.



Pa en dogter
'Oupa en ouma'... haha  (lyk nie of ons ooit 'n oupa en ouma gaan word nie)
Takapuna Beach met die vulkaniese Rangitoto Eiland op die agtergrond.

Ma en dogter :)
Lake Pupuke in Takapuna is hartvormig en gevorm deur 'n vulkaniese krater wat oor jare met varswater gevul geraak het.




'n Pukeko of 'swamphen', 'n  inheemse voël van New Zealand
Dit was die laaste foto's wat ons geneem het van Sulet se besoek. Ons het Oujaarsaand stil saam met die res van die Meintjes in Auckland spandeer en twee-uur die middag op Nuwejaarsdag het Sulet terugvertrek Suid-Afrika toe. My hart is gebreek. Die kuier was net te kort! Daar is nog so baie wat ek vir haar wou vertel, baie om te wys, baie om na te luister en ek wou haar nog langer teen my vashou, maar dit is nou maar die keuse wat ons gemaak het en haar keuse om in Suid-Afrika te bly. Na drie jaar is dit nog steeds die moeilikste ding om mee saam te leef. Ons is so gelukkig hier... Ons lewens sou volmaak gewees het as..., maar dit gebeur net in die movies. Ek moet vrede maak daarmee en daarmee saamleef. Hopelik kan ons binnekort weer Suid-Afrika toe gaan.


Maandag 20 Januarie 2014

Sulet se besoek: Oppad Auckland toe

Die tyd het net té vinnig verby gegaan. Daar was net soveel meer wat ons nog in Wellington wou doen, maar Sulet sou van Auckland Lughawe terug vlieg Suid-Afrika toe. Rialeen en Tim was oppad na sy ma se plaas naby Napier. Rialeen wou graag 'n dag in Napier saam met Sulet spandeer en ons het dus op 27 Desember die tog aangepak Auckland toe. Ons plan was om 'n nag in Napier oor te bly en 'n nag in Tãupo. Dit sou ons twee dae in Auckland gee voor Sulet se vertrek op Nuwe Jaarsdag.

Ons het verlede jaar ook in Napier oorgeslaap oppad huis toe van Auckland. Ons het die Pebble Beach Motel geslaap en het eintlik net daardie gedeelte langs die strand verken en foto's daar geneem. NapierRialeen en Tim kom gereeld in Napier as hul vir sy ma gaan kuier op die plaas. Rialeen en Tim het dus heelwat plekkies gehad wat hul vir Sulet wou gaan wys.

Napier
'Fish and chips on the beach New Zealand style'
 Sulet het besluit sy is lus vir vis en chips vir aandete. Ons het sommer by 'n winkeltjie naby aan die strand gekoop. In die somer gaan die son mos eers teen 9 uur in die aand onder. Hierdie foto is seker so 8 uur geneem.
Napier strand



Die middestad







Dan is dit tyd vir die twee om te groet, Sulet oppad Auckland toe om terug te vlieg Suid-Afrika toe en Rialeen oppad plaas toe saam met Tim.


upo
En ons sit ons tog voort na Tãupo. Verlede jaar het ons hier oorgebly oppad na Auckland en ek wou dit graag vir Sulet wys. Dit is net so mooi en ons kon die vulkaniese berg duidelik sien die volgende oggend. Ek het honderde foto's geneem, maar hierdie jaar reën dit en dis koud. Als bederf!
Ons motelkamer
met die uitsig oor die Taupo Meer
Daar was 'n spesiale bad in ons kamer waarin ons warmbronwater direk uit die aarde kon intap en heerlik kon ontspan.
Ons wou Sulet vir 'n stappie langs die meer vat, maar sy het verkluim en vinnig omgedraai terug motel toe.

Rotorua
Rotorua is bekend vir warmwaterbronne en borrellende modderpoele. Ons moes dus daarom ry om vir Sulet te wys, maar dit is ook bederf deur stortende reën. Sulet kon net vinnig uitspring en pose vir 'n vinnige fotot. Wat 'n teleurstellling!
Stomende water
Borrellende modderpoele

Ons het maar skuiling gaan soek in die toeriste winkel in die dorp en 'n paar Maori-kunswerke bestudeer.

Die rut na Auckland was maar emosioneel vir my, want die besef dat Sulet se besoek tot 'n einde kom, was die hele tyd in my gedagte. Maar nou ja, alle goeie dinge kom tot 'n einde! Ek onthou net hoe pynvol daardie oomblik vir my was toe ek haar vir die laaste keer sien wegstap het op die lughawe toe sy in 2011 hier kom kuier het. 'n Mens wens net tyd kan gaan stilstaan en die kuier kan net aan hou en aan hou, maar dit gebeur ongelukkig net in drome.