Sondag 19 Januarie 2014

Sulet se besoek aan Wellington

Twee weke se kuier is net te min! Sulet het Dinsdag 17 Desember om 23h45 in Auckland geland nadat sy vir 4 dae in Singapore oorgebly het. Frederik (Hendrik se broer) was so vriendelik om haar te gaan oplaai en weer betyds op die lughawe te hĂȘ om 14h00 Woensdag Wellington toe te vlieg. Ek het nog gewerk tot die Vrydag en Sulet het nog gesukkel met vlugvoosheid. So, ons kuiertjie het maar stadig begin.

Sy en Hendrik het dus die eerste twee dae saam spandeer terwyl ek en Rialeen nog gewerk het. Rialeen het net kom inloer om te groet en Sulet het by Rialeen gaan inloer om Tim te ontmoet. Saterdag het die twee tyd saam spandeer in die stad. Rialeen het lank uitgesien om allerlei plekkies vir haar suster te gaan wys.

Sondag was dus uiteindelik my en Sulet se dag saam. Ons is vroeg kerk toe na 'n diens van Arise Church in die Michael Fowler Centre. Daarna het ons na die mark gegaan by die Queens wharf en later in Cuba straat iets gaan eet.
Queens Wharf 



Oukersaand
Gelukkig het ons mos nou 'n sjef in die gesin. Rialeen se panforte ('n Italiaanse vrugtekoek) wat sy vir ons gebak het in die plek van 'n tradisionele vrugtekoek.
  
Rialeen en Tim besig om my te treiter terwyl ek probeer om 'n foto van hul te neem.
 

 Ons gesin uiteindelik saam vir die eerste keer in 3 jaar.
Kersdag
Rialeen en Tim was nie saam met ons vir Kersdag nie en ons het besluit om sommer net rond te ry in die Wellington-omgewing, plekke waarvan ek al baie foto's geneem het en graag vir Sulet wou wys.

Wainuiomata Beach




 
Kaitoke Regional Park
Net voor die park is hierdie opgaardamme waar Wellington se water vandaan kom.

Na 'n piekniek hier in die park, wat bestaan het uit die oorskiet van die oukersaand, het Hendrik besluit om 'n middagslapie te vat en ek en sulet het bietjie rondgestap in die park. Die park hou 'n besondere bekoring vir my in. Dis die eerste plek wat my regtig geroer het toe ons hier in Wellington aangekom het. Kersdag was bietjie van 'n teleurstelling, want gewoonlik is daar nie baie mense nie en dit is dus regtig vreedsaam. Kersdag was dit vol kampeerders met tente, campervans ens en hul het musiek gespeel en daar was oral kinders besig om krieket te speel of balle rond te skop. Die rustigheid was dus versteur.



 Avalon Park
Oppad huis toe wou Hendrik gou vir Sulet die eendjies by ons gunsteling park gaan wys.

Die somer is dit maar koud en winderig. Sulet het verkluim veral na die 4 dae wat sy in Singapore se hitte deurgebring het. Soos jul kan sien het ons ook maar langbroeke en moue aan, maar mens raak die laer temperature gewoond. Ek haat net die wind! Selfs as ons in die Kaap gekom het of Natal toe gegaan het, het die wind my mal gemaak. Hier dryf die stormsterkte winde ons die jaar teen die mure uit.

Geen opmerkings nie: