Hoeveel van hierdie dae lê nog vir my voor? Nog een finale chemosessie volgende Maandag wat soos 'n nagmerrie voor my lé. Dit is die groot oorsaak van al hierdie ellendes. Sover het die bestraling my redelik simpatiek behandel, die naar en brakery is die gevolg van die chemo. Braak is wat my onder kry en lyk my nie, ek kan dit vermy nie. Na vyf dae in die hospitaal gedurende die eerste twee weke as gevog van naar en braaking, het ek 'n goeie week gehad laas week, in so 'n mate dat ek teen Vrydag minder naarmedikasie gevat het as voorgeskryf. Die gevolg was dat ek uit die bloute Saterdagoggend begin braak het. So leer mens maar jou les.
Ek het gestres oor wat Maandag gaan gebeur tydens die chemo, maar ek het nie verwag dat die naarheid my so gou gaan oorval nie. Nadat ek my vyf ure by Wellington Hospitaal gesit het met vloeistof en chemo wat deur my are vloei, was ek skielik naar. Die verpleegster het dadelik 'n paar pille gebring, wat ek geglo het, sal werk voor ek met die bestralingsessie, tien minute later, sou begin. Verkeerd! Die terapeute het my vasgeskroef met die masker op my gesig en begin met die beplanning van die behandeling, toe voel ek, hier kom die braak. Ek het dapper probeer om dit in te hou, want om op jou rug te lê, vasgeskroef aan 'n bed, kan lei tot verstikking met erge nagevolge. Net toe hul begin met die behandeling, besef ek, ek moet daar uitkom. Met 'n geswaai van my hande, het ek die terapeute se aandag gekry, hul het met 'n spoed teruggekom om my te bevry van die masker. Ek het skaars opgesit, toe begin ek braak. Wat 'n nagmerrie ondervinding wat ek nie my grootste vyand toe wens nie.
Ek kan net met lof praat van die mediese personeel hier in New Zealand. Daar is net soveel deernis en toegewydheid by hierdie mense. Dokters is van 'n ander stoffasie, maar die verpleegsters, terapeute en hospitaalassistente is mense met wêreldse geduld en empatie. Iets wat ek in 'n mindere mate in Suid-Afrika ervaar het.
Hier mag jy vier-en-twintig uur van die dag 'n familielid of iemand van jou keuse by jou hê, om jou te ondersteun. Niemand word dus huis toe gestuur as die nag neerdaal nie en besoekers kom en gaan heeldag. Snags sien jy mense slaap op elke bank in die sitkamers en verpleegsters kom en gooi komberse oor hul. Families sit daar deur die dag saam en eet KFC of ander wegmeemkos. Voor kersfees het families tafels bymekaar gestoot, feestelik versier en 'n kersmaaltyd saam met hul siek familielid geniet met tuisgekookte kos wat die gaste gebring het.
Jy hoef ook nie heeldag in jou bed te lê nie. Pasiënte word aangemoedig om aan te trek en uit te gaan na die café, in die hospitaal, om koffie te drink of om in die tuin te gaan ontspan. Party pasiënte wat gesond en sterk genoeg is, gaan saam vriende en familie na eetplekke naby die hospitaal en kom terug, trek pajamas aan en klim terug in die bed. Iets wat ek verseker nie lus was om ooit te doen nie. Ek beweeg tans net tussen die huis en hospitaal. Jy sal my nêrens anders sien nie. Inkopies word on line bestel of Hendrik of Sulet moet dit doen. Ek is net te swak en siek om enige iets anders te doen. Om terug te kom na vandag se nagmerrie ondervinding, toe ons teruggekom het by die huis, het Hendrik dié oulike klein krimpvarkie voor ons huis op die sypaadjie gekry, gereed om die straat te probeer kruis.
Ek het myself lam geskrik toe Hendrik dit vir my wys. Sulet het ook 'n sprong gegee, maar nadat Hendrik ons verseker het dit is 'n onskuldige diertjie wat ons niks sal aandoen nie, kon ons die oomblik geniet. Weg is al die dag se sorge! Na al ons "ooo's" en "aa's" en fotonemery, het Hendrik dit weer veilig gaan terugsit in die natuurresrvaat wat agter aan ons eiendom grens. Wat 'n opgewondenheid na 'n horribale dag. Die nag was ook nie veel beter nie, hoewel ek nie gebraak het nie, was ek die heel nag naar en het my nag op die bank deurgebring, tussen slaap en wakker. Hopelik is vandag 'n beter dag😊