Sondag 23 Junie 2013

Blenheim en Nelson


Blenheim val binne die Marlborough-distrik op die noord-oostelike deel van die Suid-Eiland. Dit het 'n populasie van 30500. Die distrik is bekend vir sy wyn, gourmet kosse en ontspanne leefstyl. Somers hier is warm en droog.






Oppad terug het ons met die Queen Charlotte Drive gery. Dis was al laatmiddag, maar ons het kon nogtans nog 'n paar mooi foto's neem voor dit donker geword het.



 Sneeu op die berge
Sondag ry ons Nelson toe en stop in Havelock by die cafe vir 'n brunch. Die eienaar vertel dat dit sy laaste dag in die cafe is, want hy kan nie meer bekostig om dit oop te hou nie. Hy beweer dat die dorp se mense hom nie ondersteun nie en hy dus afhanklik is van toeriste vir 'n inkomste.
 Soos gewoonlik het ons vergeet om die kamera se battery te laai en die fotonemery word beperk.

Nelson 






 Hierdie keer is dit nie die Wearable Art wat die aantrekkingskrag is nie, maar die vintage karre.
 HIerdie is Hendrik se droomkar,
 maar hierdie is die een wat hy kan bekostig.  
  Die DKW is gedurende die 1960's na New Zealand ingevoer vanaf Suid-Afrika. Dit is onlangs gerestoreer tot  sy oorspronklike voorkoms.
 Hier sien 'n mens nie van hierdie karretjies meer op die straat nie, maar elkeen van ons het erens in ons jeug in een gery in Suid-Afrika.
  Oppad terug na Picton het ons by die Giesen wynplaas gestop om wyn te proe en te koop   


Maandag het ons elfuur die ferry gehaal om terug te vaar Wellington toe op my verjaardag. Wat 'n lekker verjaardaggeskenk! Volgende keer gaan ons die kar saamvat en die res van die Suid-Eiland plat ry.

My ?!ste verjaardag in Picton

Een van die eerste goed wat ons gedoen het toe Sulet in 2011 hier kom kuier het, was om met die ferry oor te gaan na die Suid-Eiland. As jul kan onthou, het ons met 'n Intercity bus gery tot in Nelson en die naweek daar deurgebring en Maandag weer die langtog terug aangepak.

Dit was een van Hendrik se begeertes om ook met die ferry na Picton te vaar. Ons wou dit eintlik oor die Paasnaweek gedoen het, maar hoewel die ferry nie vol bespreek was nie, kon ons nie oornagplek in Picton kry daardie tyd van die jaar nie. Ons het natuurlik weer soos gewoonlik op nommer nege-en-negentig besluit om dit te doen.

Toe ons sien dat my verjaardag op die koningin se verjaardag (Queen's Birthday) val wat op 'n Maandag is en dus vir ons 'n langnaweek gee, het ons dadelik besluit om weer te probeer bespreek. Die keer was ons gelukkig en kon oornagplek in die middel van die dorp kry by 'n motel. Ons het aanvanklik gedink om die naweek net in Picton deur te bring aangesien dit te duur is om die kar vir so 'n kort tydperk oor te vat. Daar is heelwat staproetes in die omgewing wat ons wou verken. Ek het egter longontsteking opgedoen kort voor ons vertrek en was nog aan die herstel. Hendrik het toe besluit dat ons liewer 'n kar sal huur om in die omgewing rond te ry.

Ons het die Saterdagmiddag nadat ons daar aangekom het, Blenheim toe gery en Sondag Nelson toe. Ek het natuurlik weer honderde foto's geneem. Ek kan net nie help nie. Dis net so mooi dat ek nie kan ophou nie.

Ons moes vroeg die oggend al op die ferry wees en kon dus die pragtige sonopkoms oor Wellington aanskou.





En dan laat ons Wellington agter om oor die oopsee te vaar deur Cook Strait wat beskou word as die wêreld se gevaarlikste en mees onvoorspelbare waters, 'n vaart van 70 km wat omtrent 4 ure duur.

Ons verken eers die binnekant van die ferry



en eet 'n Engelse ontbyt.
Dan verken ons die see en die buitedek van die ferry.

Moeg rondgestaan!
Hendrik besig om rugby of krieket scores op sy selfoon te kyk (miskien beplan hy die res van die naweek deur op die internet rond te kyk)
 
'n Dop in die bar op die ferry
Sneeuberge op die Suid-eiland van ver af insig
 
Dan begin ons in die Queen Charlotte Sound (see-end) invaar en Picton se hawe begin sigbaar raak. Daar is groot opgewondenheid, almal wil foto's neem vanaf die buitedek. Die Queen Charlotte sound is bekend vir kalmwaters en dus 'n veilige seilplek.








Die Gateway Motel waar ons oornag het en op die voorgrond die kar wat ons gehuur het.



Pragtige eende!

Ons slaan gou voet deur die toeriste dorpie met sy rykmanshuise en seilbote.






Laatmiddag het ons hierdie foto's vanaf 'n uitkykpunt geneem van 'n ferry wat by die Queen Charlotte Sound ingevaar kom.
Die ferry draai om en vaar dan agteruit in voordat dit geanker word.


Ek sal maar later nog foto's opsit van die naweek se rondryery. Ek weet foto's kan maar boring raak, maar vir my is die blog soos 'n foto-album of 'n dagboek. Al kyk niemand anders daarna nie, kan ek altyd teruggaan eendag en daarna kyk.