Ek moes my seker maar in die hospitaal vermaak met allerlei gebeure wat om my afgespeel het, sodat ek my aandag kon aflei van wat my liggaam besig was om deur te maak. Die dokters was vir my in besonder snaaks. Dokters is nie mense wat deel is van my alledaagse lewe nie, veral nie jong dokters in hul middeldertigs nie. Hul verteenwoordig vir my die yuppie generasie.
Die plastiese chirurg wat verantwoordelik was vir my operasie, is 'n bekwame jong dame met 'n warm empatiese persoonlikheid (wanneer sy my besoek het met haar teaterklere en sonder grimering), maar as sy met hoë hakskoene en haar dokterstas daaraan gekom het, was sy super professioneel en 'n model yuppie. Die ander dokters het na haar verwys as 'the Boss' of Fiona, wat natuurlik haar naam is. Hul het groot ontsag vir haar en doen niks sonder haar goedkeuring nie, maar dit keer hul nie om elkeen 'n opinie van hul eie te hê nie.

Die oggend rondtes is deur 'n span 'registra doctors' gedoen (dokters wat besig is om opgelei te word as chirurge of ander spesialiteitsrigtings). Wie hul almal was en wat elkeen se funksie was, het ek nie 'n idee van gehad nie, maar hulle was stiptelik daar elke oggend gedurende die week. Naweke was daar een chirurg aan diens wat die rondtes gedoen het.
Die groep jong dokters, mans en dames van 'n verskeidenheid kultuuragtergrond, het 'n 'hoofmeisie' gehad naamlik Annie. Sy het amper die eindpaal bereik om te kwalifiseer as 'n plastiese chirurg en die ander lede van die span is dus nog in opleiding. Die verpleegsters was in rep en roer sodra Annie en haar span daar in ons saal begin rondbeweeg het, dan word alle pleisters en verbande verwyder sodat al my wonde sigbaar was vir die inspeksie wat sou volg. Annie was altyd die woordvoerder en die verpleegster het senuweeagtig daar rond gestaan om al die waarnemings en opdragte aan te hoor en 'n mental note te maak van wat die res van die dag met my moet gebeur in terme van wondversorging, mondhigiëne, medikasie ensovoorts.
Die jong dokters kon nie net rustig in my kamer ingestap kom, soos alle ander mense doen nie. Hulle was altyd op 'n drafstappie, net om seker te maak dat ons kennis neem dat hul besige mense is en nog baie gehad het om in te pas in die dag. Nadat Annie verneem het na my welsyn en my wonde bestudeer het, word die groot kollig met 'n skanierarm bo my bed nadergetrek en aangeskakel sodat dit reg in my gesig skyn. Ek het vinnig geleer om my mond wawyd oop te maak sodat die hulle die binnekant van my mond kon observeer, sommige van hul het nog 'n flitsie of selfoonlig byderhand gehad om beter te kon sien. Die oomblik wat hulle die lig afgeskakel het, het almal gelyk begin praat. Elkeen het 'n opinie gehad, maar niemand het geluister na enige iemand anders se opinie nie. Elkeen wou harder praat as die ander totdat Annie hulle opdrag gegee het om hulle gesprek êrens anders te gaan voortsit. Hulle het net so vinnig uit my kamer verdwyn as wat hulle daarin gekom het. Nadat hulle die argument voltooi het in die gang voor my kamerdeur, het Annie teruggekom om my in te lig van hul besluite. Hierdie terugvoer het niks beteken nie, want die 'boss' moes dit eers goedgekeur het, wat gewoonlik nie gebeur het nie.
As ek 'n spotprenttekenaar was, sou ek 'n hele comic boek kon uitgee met die klomp jong dokters as die hoofkarakters, maar nou ja, dit is nie my talent nie, ek sal maar liewer by skryf bly. Dié dokters het my dag gemaak en ek het elke oggend uitgesien na hul besoek. Ek het gou uitgevind om my nie te steur aan Annie se terugvoer aan my nie en om maar te wag om van Fiona te hoor, want haar woord was wet.
Hierdie ligsinnige oomblikke sal vir altyd in my herinneringe in geêts wees. Die dokters het my baie verwar, omdat hul nie uit een mond kan praat nie, maar die verpleegsters was uitstekend. Elke verpleegster doen ook dinge op haar eie manier, maar ek weet dat hul nie hierdie beroep vir die geld gekies het nie. Elkeen is daar omdat hul geniet wat hul doen. Soveel geduld, empatie en liefde sal mens nie maklik op 'n ander plek kry nie. Ek haal my hoed vir hul af, want dis hulle wat ons weer gesond genoeg kry om huis toe te kan gaan, wat ons wonde bly versorg en kyk dat ons sterk genoeg word om ons normale lewe te hervat. En tog bly dit een van die laagsbesoldigde beroepe. Dit gaan my verstand te bowe. Snaaks genoeg sien 'n mens nie yuppies onder verpleegsters nie. Hul sloof nederig voort dag en nag om deur al hul verantwoordelikhede te kom 🤔

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking