In Upper Hutt waar ek soms werk, is 'n x-Zimbabwêer, Florence, wat daar 'n onderwyseres is. Ons twee kom baie goed oor die weg, hoewel ons van twee verskillende lande kom, het ons Afrika ingemeen. Ek dink ek verstaan haar kultuur beter as die New Zealanders en sy waardeer dit baie. Sy verstaan natuurlik ook die hele proses om in 'n nuwe land aan te pas, wat weer vir my baie beteken.
So ruk gelede lees ek van 'n kerk wat deur x-Zimbabwêers begin is hier naby ons in Naenae, Forward in Faith Ministries International. Dit is deur Dr Guti in Zimbabwe begin en hul het nou gemeentes in 120 lande van die wêreld oa Australia en New Zealand. Hier is gemeentes in al die groot stede: Auckland, Christchurch, Palmerston North, Wellington en Dunedin. Hul lei mense op in Zimbabwe wat dan weer uitgestuur word om gemeentes te begin in ander lande. Die pastoor van die gemeente hier in Naenae is 'n wit Australiander wat getroud is met 'n vrou van Sri Lanka wat ook in Zimbabwe opgelei is as 'n pastoor.
As ek na die gesing van die Tonga-mense in die kerkie hier agter ons luister, verlang ek na die natuurlike ritme, dans en gesing van die swartmense van Afrika waaraan ek blootgestel was by die skole waar ek in Suid-Afrika gewerk het en natuurlik ook as 'n kind, want my pa was 'n sendingpredikant in die Gereformeerde kerk en ons het dikwels saam met hom Mamelodie toe gegaan vir kerkdienste.
Om 'n lang storie kort te maak. Die week het ek weer in Upper Hutt saam met Florence gewerk. Ek vra haar toe of hulle lidmate van die kerk in Naenae is en sy nooi my dadelik om Sondag die diens daar te gaan bywoon. Dit vat toe ook nie veel om Hendrik te oortuig om saam met my te gaan nie. Wat 'n ervaring! Natuurlik 'n bietjie teveel vir ons wit suid-Afrikaners.
Toe ons teen 9h30 daar aankom, loop ons Florence in die parkeerterrein raak en sy moet ons dadelik aan almal gaan voorstel. In die kerk is daar reeds 'n groot gesing aan die gang. Ons vind toe ook uit dat daar 'n pastoor en sy pastoor vrou van Zimbabwe kom vir 'n besoek aan die gemeente en dat hul 'n groot partytjie gaan hou vir die twee. Almal is so gasvry en vriendelik en kom om ons te groet en te gesels. Ek en Hendrik voel meer lus om in ons kar te spring en weg te hardloop, maar daarvoor is daar nou nie meer 'n kans nie.
Ons word saam met die eregaste welkom geheet, genooi om saam te eet, aan elke pastoor daar persoonlik voorgestel en op die einde geniet ons onsself gate uit! Ons ontmoet 'n kleurlingvrou en haar kinders van Kaapstad wat al tien jaar in New Zealand bly, 'n man en vrou albei van Zimbabwe, maar hul het mekaar hier ontmoet, getrou en woon al twaalf jaar in Auckland, 'n man van Hamilton wie se vrou vir immigrasie werk en mense help om werk te vind hier in New Zealand en Florence se man, John, wat 'n skoonmaakdiens hier in Wellington het. Daar is ook mense van Samoa en Tonga wat gemeentelede is. Ons ontmoet ook 'n man wat van Christchurch hierheen verhuis het. Na die aardbewings daar het die fabriek waar hy gewerk het, toegemaak en is hy hierheen oorgeplaas. Hy kom van een van die eilande tussen Samoa en Tonga. Hy vind aanklank by die Afrika ritme en sang in die gemeente. Sy vrou sien nie daarvoor kans nie. Sy tienerjarige dogter was saam met hom, maar sy het ook nie baie gemaklik gelyk nie.
Almal toon empatie met Hendrik se werksoekery en gee raad, eposadresse word uitgeruil en John vra of hy en Florence eendag by ons 'n koppie tee kan kom drink. Teen 14h30 is ek en Hendrik poegaai geëet en gekuier en besluit ons om huiswaarts te keer, maar ons word terug geroep vir nagereg. Toe ons uiteindelik regkry om ons weg te skeur, word ons geroep om die pastore met die hand te groet en Florence bring vir ons 'n reuse stuk koek om saam te vat huis toe. Ons is seker die klomp het nog tot laatmiddag gekuier, want soos Florence sê, kerkhou is hul lewe.
Hier word nie kerkgehou in tipiese kerkgeboue nie. Hoewel hier baie ou kerke is wat aan die Anglikane, Katolieke, Methodiste en Baptiste behoort, gebruik die moderne, meer charismatiese gemeentes sommer 'n winkel in 'n sentrum en rig dit as 'n oudiotorium in. Die Salvation Army het hul eie geboue met kantore, oudiotorium en oppshop. Die oudiotorium word vir etes, allerlei funksies, troues ens gebruik.
Die gemeente in Naenae het 'n ou vervalle gebou gekoop by 'n winkelsentrum waarin voorheen 'n Countdown Supermark was. Binne 'n jaar het hul meer as $1.5 miljoen ingesamel om die gebou te koop en verbeteringe aan te bring. Hul het net 100 lidmate, maar hul het dit gedoen deur 'n boumaatskappy te skep om te voldoen aan die bouregulasies hier en deur die skills van hul lidmate te gebruik. Wys net wat kan gedoen word as mense saamstaan en saamwerk!

Tafels is gedek en die ouditorium is versier vir die besoekers
'Welcome to the overseers' op die digitale bord
Die wit pastoor (met die kind) van die gemeente en sy vrou (heel regs) van Sri Lanka.
Die twee pastore in die middel is die besoekers van Zimbabwe.
Die Wellington gemeentelede verwelkom die besoekers met koorgesang
Die kamera- en klankman
Wat 'n positiewe Afrika-ervaring in die middel van Wellington, New Zealand!