Donderdag 11 April 2013

Queens Wharf 10 April 2013

Ek het seker al honderde foto's geneem van die Queens Wharf in Wellington, maar elke keer as ek daar kom, kom my kamera te voorskyn.

Dit is vandag 45 jaar gelede wat die Wahine Ferry in 1968 gestrand het gedurende 'n storm in die Wellington Harbour. Die tragiese gebeure word die week by die Museum of Wellington City and Sea herdenk. Dit is die een museum wat ons nog nie besoek het nie. Ons het dus besluit dis 'n goeie dag om daar te gaan inloer. In Wellington word geen toegangsfooi by enige van die museums gevra nie en om alles te kroon is dit is by die Queens Wharf, my gunsteling plek in Wellington. Die kamera is dus saam met die idee om 'n paar foto's te neem.

Ons kon nie vir 'n mooier dag gevra het nie en daar word alweer tientalle foto's van die hawe geneem ipv die museum! Elke keer wat ek hier stap, is ek weer op vakansie. Soos ek al vantevore gesê het, om deel te kan wees van New Zealand se asemrowende skoonheid, is 'n spirituele ervaring.

Hendrik voor die museum
Ek hoef nie 'n woord verder te sê nie, die foto's spreek van self!









Uitsig oor die stad vanaf die wharf


 Ons is natuurlik met die trein in stad toe, want parkering is ongelooflik duur in die week. Die stasie is ook net 'n hanetreetjie van die wharf af (vir ons stapfikses)
 Die stasiegebou

 Ons trein (16h30 in die middag)
 en so lyk ons nuwe treine binne (10 minute later was dit vol mense en in die 2 rye agter ons het nog mense gesit wat Afrikaans gepraat het)
Daar is verseker nie 'n beter lewe as ons lewe hier in Wellington nie!

Geen opmerkings nie: