Donderdag 18 Augustus 2011

Sneeu: Woensdag

Woensdag was die sneeu weg en skielik was dit vriesend koud. Dit het die hele dag gereen, hul noem dit hier 'snail'. Dit lyk soos sneeuvlokkies, maar voor dit die grond tref verander dit in water. 'n Stormsterk wind (southerly) het gewaai en dit was regtig onplesierig! Die mense hier praat met respek van 'n 'southerly'. As daar 'n 'southerly' gaan wees, moet jy koue verwag.


Wat my die meeste verbaas is dat geen van die plan te in ons tuin dood is nie. Alles groei maar net rustig voort asof dit nooit gesneeu het nie.

Geen opmerkings nie: