Dis Maandag en weer sulke tyd, chemo en daarna bestraling. Jippie! Iets om na uit te sien😉. Na die vyf dae wat ek in die hospitaal gespandeer het verlede week, het dit bo verwagting goed gegaan die naweek. Ek was glad nie naar nie, baie energie gehad en het hope kos verslind (binne die beperkings van my eetvermoë). Nou lê ek weer hier in die hospitaalbed gekoppel aan pype wat vloeistof in my are pomp en dan is dit tyd vir my weeklikse chemo. Na chemo moet ek na die radiologie-afdeling op 'n ander vloer van die hospitaal jaag vir 'n bestralingsessie.
Gisteraand kon ek nie slaap nie, die stres het my mal gemaak. Ek wil net nie weer teruggaan hospitaal toe nie. Ek voel veilig in die hospitaal, want hul kyk goed na my, maar dit plaas baie stres op almal om my. Ek is nou onder die sorg van Wellington Hospitaal en moet daar opgeneem word totdat my behandeling afgehandel is. Dis ver om te ry om my te besoek. Sonder die besoeke word die dae net te lank en vervelig. Ek het dit moeilik gevind om te fokus en kon dus nie lees of tv kyk nie. Ek het darem 'n vriendin gemaak en haar besoek in haar kamer of ons het saam gekuier in die sitkamer. Maar ek weet verseker dat ek liewer my tyd saam met my familie wil spandeer as in 'n hospitaalkamer.
Hier waar ek nou sit en skryf, is ek by die huis en niks naar nie. Maandag is agter die rug en die slimmense was reg, dit gaan baie beter as die eerste twee weke. Wat 'n verligting! Die pille werk dié keer en ons verstaan beter hoe ek dit moet gebruik. Hopelik spandeer ek die week by my eie huisie. Ek wil nie 'n hospitaalkamer gou weer sien nie.
Gewigsverlies is iets wat ek nog altyd met kanker geassosieër het, maar nie in my geval nie. Ek sê mos, dit vat meer as kanker om my maer te kry. In die laaste twee weke het ek 2.5kg verloor as gevolg van die naarheid en die feit dat ek nie kon eet nie. Daarvan het ek alweer 'n kilogram opgetel nou dat ek my etes aanvul met Ensure, roomys, botter en alles wat 'n mens vetmaak. Ek verkies om vet en lewendig te wees as maer en dood😮.
My fighting spirit is ook terug. Verlede week se hospitaal insident, het my laat twyfel of ek die ses weke behandeling sal kan deurvoer. Dit het my moraal verlaag en as Christen het ek begin twyfel of ek God kan vertrou. In my leeftyd het ek al soveel Christene gesien wat sterf aan kanker, al het ons almal gebid vir genesing. Ek het vriende so verloor en ander na aan ons. Hoe weet ek wat die wil van God is? Wat is Sy doel met hierdie kanker? Hoekom laat God sy kinders deur hierdie ellendes gaan? Ek wil my kinders beskerm teen die ellendes van die werêld. Hoekom doen Hy dit nie vir my as Sy kind nie? Die angs het my oorval en het 'n fatalistiese nagevolg gehad van, "whatever " dis nie in my hande nie en miskien is dit my tyd, niks wat ek doen, gaan dit verander nie. Hoewel soveel mense vir my bid, is my lewe in God se hande en ek weet nie wat Sy wil is nie.
Skielik oor die naweek begin ek beter voel, klim uit die bed, raak doenig in die huis, kook kos, eet lekker, drink my Ensure en skielik sien ek weer die lig. Vandag het ek gegaan vir my behandeling en ek is nie naar nie. Skielik daal die besef op my neer, ek is nog nie dood nie en ek kan deur dit kom as ek harder probeer. Dit is in my hande en miskien is daar 'n les te leer vir ander deur my stryd met kanker. As ek dit kan veg, gee ek hoop aan ander. Die wat vir my bid, se geloof in gebed word versterk en hul bid weer vir ander ook, maar die belangrikste is die besef, dat God sekerlik nie wil hê, ek moet op die bed lê en wag om dood te gaan nie. Niemand gaan iets daaruit leer nie.
Ek besef nou ek is verby die halfpad merk wat chemo betref, drie van vyf chemo behandelings is verby en elf van drie-en-dertig bestralingsessies. Dis net my kop wat in my pad staan, so ek moet my kop regkry. Ek vra jul dus, al kan ek soms nie bid nie, julle gebede hou my na aan God. So bid vir my. Ek weet, al los ek, Hy hou my vas. Dankie vir almal wat vir my bid en elke dag aan my dink🧡❤ Ek weet ek kan dit doen!