Sondag 04 Desember 2011

Kapiti Coast

Ons het nog nie dié vakansie gevoel afgeskud nie en ek en Rialeen gebruik elke geleentheid wat ons het om ons omgewing te eksploreer.

Die Duitse student, Susanne, wat saam met my werk, het eendag iets gesê oor die Fishermans Table Restaurant by Paekakariki. Ons het een maal daar verby gery toe Hendrik nog hier was oppad na Paraparaumu. Ek het dus gaan google om te sien waar dit presies is en hoe ons daar kan kom. Toe word dit natuurlik ons volgende besoekpunt. Nie dat ons 'n idee gehad het hoe ons daar gaan uitkom nie, want die naaste stasie is 1.5km daarvandaan en die restaurant is langs die hoofweg, maar 'n boer maak 'n plan en ons het daar uitgekom. Daarvan vertel ek later.

Ek en Susanne praat toe ook oor Titahi Bay wat die eerste stranddorp op die Kapiti Coast is. Ek het so bietjie gekyk na eiendomme daar en dit is so rapsie goedkoper as in ander dele van Wellington. Susanne sê toe ons moet tog net nie daar koop nie, want dit is vreeslik winderig daar. Ons moet liewer na die volgende stranddorp kyk, Plimmerton. Nou ja, toe kan ons die besoek aan Plimmerton met die aan Paekakariki kombineer met 'n besoek aan die Fishermans Table.

Ons het gesien dat die son Vrydag gaan skyn en het dus gedink dis 'n goeie idee om die tog aan te pak. Min het ons geweet daar gaan 'n stormsterk noordewind waai. Ons het dus ons rit begin met 'n bus na Poriruastasie. Daar het ons die trein gehaal tot by Plimmerton en die wind te voet aangedurf. Ons het gelukkig 'n pieknieketetjie ingepak en die het ons langs die see geëet en daarna die trein gevat na Paekakariki.
Plimmerton








Paekakariki is die dorpie net voor Paraparaumu. Dit is baie kleiner en het net die nodigste paar winkeltjies, 'n regte stranddorpie. Daar aangekom het ons geen idee hoe om by die Fishermans Table uit te kom nie. Ons vat dus maar die eerste straat wat parallel loop met die snelweg en stap terug in die rigting van Wellington. Later kry ons 'n reservaat, rabbit contral area, op die kennisgewing bord sien ons darem iets van die Fishermans Table en besluit om maar aan te drentel. Dan kry ons 'n voetslaanpad wat langs die see loop en ons besluit die paadjie moet ons sekerlik tot by die restaurant bring en sie daar! Na 1.5 km se stap, kry ons die Fishermans Table, reg tussen die hoofpad en die see! Wil jy nou glo! Danksy Google Maps.

 Die stasie
 Die dorpie







 Die 1.5km voetslaanpaadjie na die Fishermans Table








 Uiteindelik ons eindbestemming

 Die uitsig oor die see vanaf die tafel waar ons gesit het binne in die restaurant
 Uitsig vanaf die stoep

Maar ek dink ons moet 'n kar kry. Ek is nou so bietjie gatvol om te stap waar g'n ander mens ooit kom nie, want hul ry met hul karre tot daar. Die pret van public transport raak nou afgewater en daar is net plekke waar 'n mens nie kan uitkom sonder 'n kar nie of soos hier waar ons teen duine en bulte moet op en afstap, tussen bome en bosse om 'n eindbestemming te haal. Dit was die moeite werd! Die uitsig vanaf die restaurant is asemrowend mooi (maar soos altyd is die kos maar average - ons eet gewoonlik by die Fishermans Table in Oriental Bay). Al die oefening wat ons kry is natuurlik 'n bonus 'and keeps the figure in shape!' 'n Eatoholic soos ek het dit nou maar eenmaal nodig.

Sulet se besoek: Picton

Picton is 'n baie klein dorpie waar die Interislander aanwal gaan en weer vertrek na Wellington. Soos ek verstaan het dit maar 3000 vaste inwoners en maak 'n bestaan uit toerisme. Daar is 'n groot aantal gastehuise, motelle en ander soort akkommodasie en natuurlik vakansiehuise van die rykes.

'Fietse' voor die ingang na die terminaal na die ferry

 Die hawe











Sulet se besoek: Nelson

Ons het so baie foto's geneem in Nelson. Ek versprei dit maar oor meer dae, want dit vat lank om dit op te laai en dan kan ek dit so lank as moontlik uitrek vir julle om daarna te kyk. Ons kon ongelukkig nie die reservate rondom Nelson besoek nie omdat ons nie 'n kar gehad het nie. Ons tyd was ook maar beperk, maar eendag sal ons teruggaan met 'n kar of 'n kar huur as ons daar is.

















  

 Dan is ons uiteindelik by die fanzone

 en dis alweer tyd vir 'n koffie
 Nee, ons wil pose vir 'n foto (besluit maar self watter een lyk die beste)
 
 Na 'n glaswyn en Nachos vir aandete is dit al donker buite
 
maar hier is dit veilig om in die donker huis toe te stap na nege in die aand

By die Joya het ons 'n vuurtjie in die kaggel gemaak (nie dat dit so koud was nie) en nog 'n glasie wyn en organiese koffie gedrink, gestort en vroeg gaan slaap, want die volgende oggend moes ons weer dou voor dag die bus vang terug Picton toe. Volgende keer wys ek vir julle hoe mooi Picton is.