Dan is ons uiteindelik by die fanzone
en dis alweer tyd vir 'n koffie
Nee, ons wil pose vir 'n foto (besluit maar self watter een lyk die beste)
Na 'n glaswyn en Nachos vir aandete is dit al donker buite
maar hier is dit veilig om in die donker huis toe te stap na nege in die aand
By die Joya het ons 'n vuurtjie in die kaggel gemaak (nie dat dit so koud was nie) en nog 'n glasie wyn en organiese koffie gedrink, gestort en vroeg gaan slaap, want die volgende oggend moes ons weer dou voor dag die bus vang terug Picton toe. Volgende keer wys ek vir julle hoe mooi Picton is.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking