Maandag 18 Julie 2011

Johnsonville


 Ons local winkelsentrum
 Manabus (die busdiens wat ons gebruik)

Ons treinstasie
 Ons busstop
 Countdown is die naaste supermark aan ons
Woolworths is so klein bietjie verder
 Spitsverkeer in Johnsonville
Hierdie kruising is die oorsaak dat ons ons bus verpas
(wag en wag, elke dag!)
 Op met die bult

 Ons local dairy (soos 'n kafee hier genoem word). Diaries word hier hoofsaakllik deur Indiers besit. Fruit en veg winkels behoort weer aan Asiers.

 
Eendjies langs die pad en 'n padteken om motoriste te waarsku dat hul nie per ongeluk een van ons eendjies raak ry nie (in Suid-Afrika was hul lankal opgeeet.)

 en 'n parkie
 Ons straat (Cortina Avenue)
 Die wit kar is Divina-hul s'n
Waar die water uitloop is ons inrypad

Sondag 17 Julie 2011

My eerste onderhoude vir werk

'n Dag of wat nadat Hendrik weg is, ry ek en Rialeen na Porirua op 'n Saterdagoggend. Ons was 'n paar keer saam met Hendrik daar en het meeste van ons huishoudelike toerusting daar gekoop, want daar is 'n mall en 'n megasentrum met meeste bekende New Zeelandse winkels. Hendrik het altyd met die snelweg daarheen gery. Hierdie is nou die eerste keer dat ons die tog met 'n bus aanpak deur die voorstede. Oppad sien ek by 'n kleuterskool 'n groot 'banner' wat sê hul soek 'n kleuterskoolonderwyseres. Ons merk ook op dat daar binne 'n kilometer langs dieselfde pad nog 'n pragtige, nuwe kleuterskool is in Tawa.

Ek is natuurlik vinnig op die internet toe ons by die huis kom, want hoe desperaat moet 'n mens nou wees as jy so 'n groot 'banner' voor jou skool het om te adverteer dat jy 'n onderwyseres nodig het. Albei die skole is op die webblad van die NZTC en albei adverteer poste. Ek stuur my CV na albei en sommer 'n paar ander plekke ook wat adverteer op die webblad. 

Maandagoggend vroeg lui my foon en dis die ongeskikte vrou waarmee ek al in SA gekommunikeer het. Sy doen die plasings van die skool met die 'banner' en ek en sy vind mekaar dadelik weereens nie. Die skool is vir my afgeskryf en ek sal hopelik nooit in die toekoms weer by hul aansoek hoef te doen nie. Gelukkig is daar ook 'n epos van die hoof van die ander skool (Kindercare) en sy nooi my vir 'n onderhoud as ek belangstel. Belangstel? Natuurlik stel ek belang.

Dinsdagoggend sit ek af na Tawa met my lêertjie onder my arm met al my dokumente daarin. Dom-onnosel, dink ek weet genoeg om vir 'n onderhoud te gaan. Ek het darem op die internet gelees oor die skool en hul benadering en weet dat hul deel van 'n groot groep skole uitmaak wat oral oor New Zeeland voorkom (nog 'n heel vreemde begrip vir 'n Suid-Afrikaner).

Daar gekom vra ek meer vrae aan die hoof as sy aan my en leer ek vinnig 'n paar dinge oor kleuteronderwys (Early Childhood Education soos hul dit hier noem). Die 'manager' of 'centre director' is 'n mooi, jong vroutjie en sy verduidelik vir my dat die 'centre' (nie skool nie) aan die einde van Maart oopmaak en hul dringend opsoek is na personeel. Sy lyk heel ingenome met my kwalifikasies en ervaring en sê aan die einde ek moet haar kontak sodra my registrasie deur is by die NZTC.

Die volgende dag sien ek daar is nog 'n epos van Randstad Education. Hulle is agente wat plasings doen van 'relief workers' en dis mos presies wat ek eintlik van die begin af wou doen. Hul wil ook hê dat ek dadelik moet kom vir 'n onderhoud. Daar sit ek weer af met my lêertjie onder die arm, probeer vreeslik slim wees en die vroutjie, Ann, leer my ook sommer gou nog 'n paar dinge van Early Childhood Education in NZ en ek besef al hoe meer hoe min ek in werklikheid weet. Sy klink egter net so positief en se hul moet net my verwysings kontak en dan kan ek begin werk. Sy verduidelik kortliks hoe die 'relief' stelsel werk en wat van my verwag word, wat ek moet aantrek en wat ek nie mag aantrek nie, wat ek mag doen en wat ek nie mag doen nie. Sy sê hul sal my seker so oor 'n week bel vir my eerste werk.

Ek is met 'n huppel in stap teen die bult uit na ons popspeelhuisie, ek het mos nou 'n werk. Nog 'n week of so vakansie terwyl hul al die papierwerk doen. Maar moenie glo nie, ek was Donderdag by hul vir die onderhoud, Maandagoggend elfuur lui my foon (ek kom net uit die bad nadat ek wasgoed gewas en die huis skoongemaak het), hul het vir my 'n werk by ABC Daycare Centre in Tawa-noord, net vir 4 ure in die middag. Klink goed, ek het genoeg tyd om op die internet te soek waar die skool (centre) is en hoe ek daar kan uitkom.

Ons is nou nog nie seepglad geoefen aan hierdie busry ding nie. Rialeen het darem al terwyl Hendrik nog hier was elke dag in en uitgery universiteit toe, maar ek probeer nog my bes. Heellaas verpas ek die bus (omdat ek die identiteitskaartjie wat Randstad vir my gegee het en wat ek moet wys as ek by die werksplek aankom, by die huis vergeet het en moes omdraai om dit te kry). Dis stres en sweet en ek moet nog van die busstop af seker 500m loop tot by die 'cenre'. Ek kom bleek en uitasem 30 minute laat daaraan.

Ai, dis nou hoe my eerste werksdag in NZ begin het. Ek verduidelik dadelik aan die 'manager' my situasie en dat ek nuut is vanaf SA en vra omverskoning. Sy is heel vriendelik en wys vir my waar kan ek my handsak neersit. Goed, se sy ek kan nou maar gaan werk. Werk? Hmmm.... wat presies moet ek doen? Ek is buite vandag. Nou ja, dis die enigste instruksie wat ek kry. Ek het nie 'n clue wat presies van my verwag word of wat ek veronderstel is om te doen nie.

Ek stap maar uit buitentoe, daar staan of sit nog 2 of 3 personeellede rond, speel met die kinders, sit by 'n tafeltjie en lees 'n boekie. Niemand groet my eintlik nie, elkeen gaan maar net aan waarmee hul besig is. Weird? Baie weird? Ek gaan sit maar op die rand van die sandput en begin met van die kinders kommunikeer en gooi sand in 'n emmer, hou die ander dop om te sien wat hul doen. Later kom daar een vrou en groet my. Ek verduidelik aan haar dat ek nuut uit SA is en dat dit my eerste dag is wat ek werk in NZ. Sy is heel vriendelik en sê sy is van Samoa. Sy vertel aan die ander wat ek gesê het en daarna stel allmal belang en probeer kort gesprekkies met my voer oor hoe ek voel oor NZ en wat ons hierheen laat kom het ens. Later het hul 'mat time' en almal gaan in en sing saam Maori en Engelse liedjies. Die Samoan vrou lees vir hul 'n storie, hul was hul hande en dan is dit 'afternoon tea' wat bestaan uit 'n muffin, vrugte en water.

Halfses, nadat ek gehelp het om al die buitespeelgoed op te ruim en die sandput toe te maak, is dit weer terugstap busstop toe, maar daar is weereens 'n huppel in my stap. My eerste werksdag is agter die rug en ek het amper $50 verdien, maar een ding weet ek nou verseker, kleuteronderwys in NZ is 'n heel ander storie as in SA!

Saterdag 16 Julie 2011

Hendrik se laaste aand in Wellington

In die Fisherman's Table Restaurant
Hierdie foto's is nege-uur in die aand geneem
Fisherman's Table is die gebou aan die regterkant. Die enigste restaurant wat ons nog kon kry wat oor die see uitkyk en aan die strand se kant is.
Oriental Bay





Was ons domonnosel of dapper

Eintlik is ek maar bly dat ek besluit het om my aansoek vir registrasie by die New Zealand Teachers Council (NZTC) hier te pos, want ek dink maar net hoe ontmoedig ek dalk sou gewees het as ek nog in SA was. Ek sou nie besef het dat daar tog werksmoontlikhede was sonder om geregistreer te wees nie. Dalk het ek besluit om nie te kom nie, veral nie sonder Hendrik nie.

Om alleen saam met Rialeen hierheen te kom, is seker die dapperste ding wat ek nog in my lewe gedoen het. Ek was nog nie eendag spyt daaroor nie. Dit is so 'n verreikende ervaring. Ons het net soveel van onsself geleer in die proses en van die mensdom in die algemeen. Goed wat jy dalk ver agter in jou kop weet, maar waaraan jy opnuut herinner moet word. Dit het my weer vertroue in die mensdom en die toekoms gegee.

Ek wonder elke dag hoekom is ek so gelukkig hier. Dis nie asof ons lewens rose en maanskyn is nie. Ek struggle om genoeg te verdien om ons te onderhou. Ek is nie permanent aangestel nie en doen 'afloswerk'. Baie weke werk ek 40 ure, wat hard is, maar dan verdien ek genoeg om te oorleef, hierdie week was ek siek en het net 11 ure gewerk. So, pay day is 'n nagmerrie.

Ons moet elke dag, maak nie saak reen of sonskyn, 500 meter afstap na die busstop en in die middag teen die bult opstad huis toe. Ons moet alles wat ons koop in sakke teen die bult opdra (wat harde werk is). Ons het besluit om nie 'n kar te koop nie, want dit is net nog 'n verantwoordelikheid en hier moet jou kar elke 6 maande vir 'n padwaardigheidstoets gaan. As hul se jy moet bande vervang, worrie hulle nie of jy dit kan bekostig nie, jy kry net nie jou sertifikaat voordat jy dit geoen het nie. Openbare vervoer is dus ons lot, maar gelukkig is ons by die stasie en die busterminus. Dit kos ons verseker minder as 'n kar en die onderhoud daarvan.

Daar is maar frustrasies verbonde aan openbare vervoer. Die gewag vir 'n bus maak my soms mal. Ek hou op werk op die uur of die halfuur en mis dan die bus wat daardie tyd kom en moet 20 tot 25 minute wag vir die volgende bus by 'n busstop waar daar nie beskutting is nie. Ek het al daar gestaan en papnat gereen. Dis hoekom ek R500 op 'n reenjas spandeer het. Ons moet ook soms as ons Wellington eksploreer oorkllim op ander busse of treine en dit gee ook 'n gewag af wat 'n mens teen die mure kan uitdryf.

Een naweek was ons Masterton toe met die trein (so 100km van Wellingtonstasie). Dit val in die Wellington-distrik en ons kon daar kom met die gewone treindiens van Wellington. Die trein ry net een keer in die oggend (10 uur) en kom dan weer in die middag terug (5 uur) op 'n Saterdag. In die week is dit meer gereeld. Toe ons daar aankom, is daar nie veel te doen nie, dit is koud (gelukkig het dit nie gereen nie) en ons moet onsself die heeldag besighou. Daar is 'n pragtige groot park, die Queen Elizabeth park, 'n skaapskeer museum en 'n kuns en historiese museum. Ons het kos by die supermark gekoop en in die park geeet en na die eende op die water gekyk. Later het ons in 'n cafe gaan sit en 'n glaswyn gedrink, deur klerewinkels geloop en ten einde raad maar stasie toe gestap. Daar is toe 'n vreeslike vriendelike ouerige vrou wat by die kaartjiekantoor werk en sy gesels sommer vinnig die uur om wat ons vir die trein moes wag.

Masterton is die verste wat ons nog uit Wellington was. Finansies is maar die hoofrede en tot nou toe was daar altyd nog 'n plek in Wellinton wat ons wou besoek of iets wat ons wil doen. Ons volgende trip gaan Auckland toe wees met die trein, vir 'n naweek.

Uittog na Masterton
Oppad

Mastertonstasie






Queen Elizabeth Park


 Pappegaai se graf


'n Glassie wyn in Cafe
(Let op: Spyskaart geskryf op 'n swartbord, standaard praktyk in NZ)

 Landskapstonele vanuit die trein geneem


Stasie langs die pad

Uitgeput!