Sondag 04 Desember 2011

Sulet se besoek: Nelson

WOW is die afkorting vir World of Wearable-art wat 'n bekende kostuumkompetisie is in New Zeeland. Dit het klein begin in Nelson deur die inisiatief van een vrou en het so gegroei dat dit nou in Wellington aangebied word. Dit was ook aanvanklik net locals wat aan dit deelgeneem het, maar kry nou inskrywings van oral oor die wêreld. Daar is 'n museum in Nelson wat ons besoek het, maar ons mag ongelukkig nie foto's van die kostuums neem nie. Hul stal opgeboude antieke motors ook daaruit (wat ons wel mag afgeneem het).

Die museum het ons vreeslik geïnspireer en Sulet en Rialeen het besluit om volgende jaar ook deel te neem. Sulet het mos nou 'n klein company wat kostuums vir die teater doen en Rialeen swot industriële ontwerp. Hul twee het dus goeie kennis en agtergrond om so iets saam aan te pak. Hul het reeds 'n rok ontwerp en Rialeen beplan om in Januarie Pretoria toe te gaan sodat hul saam aan die rok kan werk.

Pauline, van Joya, het ons die oggend ewe vriendelik by die museum gaan aflaai en aanbeveel dat ons 'n taxi terugvat dorp toe, maar ons het (na 'n gestry) besluit om liewer met die strand langs terug te loop.



Voor die cafe van die WOW museum

Uitsig vanaf die stoep van die museum
Lawwigheid in die museum


So lyk die karre as hul dit vind en voor dit gerestoreer is

en so lyk hul daarna



Die terugpad al langs die strand
Dit is sneeu op die berge!



Iets te drinke by die Beach Cafe voordat ons die langpad verder aanpak












 en middagete by die Boat Shed Cafe




Saterdag 03 Desember 2011

Wrede Herinneringe

WREDE NAG
Ek wil dit nie weet!
Het U ons kinders dan vergeet?
Hoe lank moet ander kinders nog wag
vir so ‘n nag?

‘n Wrede nag
waarin die duiwel lag.

‘n Wrede nag
waarin hul baba’s verkrag.

‘n Wrede nag
waarin hul kinders verag.

‘n Driejarige word in die maag geskiet
terwyl ons rustig slaap
en ‘n ster verskiet
U moet mos oor ons kinders waak!

Is dit U wil, Heer,
of is dit ‘n duiwelse mag?
Het U nie al die wysheid in pag
om hierdie wredehede te keer?

By U soek ons kinders troos,
want ons as ouers het nie die krag
en ons is al voos
geslaan deur hierdie bose mag.


(Opgdra aan die gesin wie se seuntjie (3) gedurende die nag van 23 November 2001, doodgeskiet is deur inbrekers by hulle huis in Groenkloof, Pretoria.) 


Ronél Louw Meintjes 2001

Woensdag 30 November 2011

Sulet se besoek: Pragtige Nelson!

Die hoogte punt van Sulet se kuier was sekerlik ons besoek aan Nelson. Die hele uittog met die ferry en die intercity-bus was pret (al het dié twee al die pad gelê en slaap. Ek moet erken ek het oppad terug ook om geslaap op die ferry), maar Nelson is net so 'n pragtige dorp en die natuurskoon slaan 'n mens se asem weg. Ons kon dit nie met ons kameratjies vaslê nie, maar ons het nogtans probeer.

Die gastehuis, Joya, waar ons gebly het, was pragtig. Die eienaar is 'n hollandse vrou wat 'n paar jaar gelede New Zeeland te geimmigreer het. Sy is vreeslik 'groen' en het so 'n hippie-looking voorkoms. Alles in die plek is organies en omgewingsvriendelik.

Joya





Elkeen sit sy eie posbus op
 Pragtige klein dorpie








Aandete by die Indian Cafe (curry4u)
Alles is borriegeel tot die eienaar se kar






Ons het so baie foto's geneem dat ek die res later sal opsit. Ons was die volgende dag by die World of Wearable Art Museum en het 5 km langs die see teruggestap en langs die pad het ons geëet by 'n restaurant wat oor die see uitkyk en die aand was ons by die fanzone in die middedorp, maar dit wys ek dan volgende keer.