Het U ons kinders dan vergeet?
Hoe lank moet ander kinders nog wag
vir so ‘n nag?
‘n Wrede nag
‘n Wrede nag
waarin die duiwel lag.
‘n Wrede nag
waarin hul baba’s verkrag.‘n Wrede nag
‘n Wrede nag
waarin hul kinders verag.
‘n Driejarige word in die maag geskiet
terwyl ons rustig slaap
en ‘n ster verskiet
U moet mos oor ons kinders waak!
Is dit U wil, Heer,
of is dit ‘n duiwelse mag?Is dit U wil, Heer,
Het U nie al die wysheid in pag
om hierdie wredehede te keer?
By U soek ons kinders troos,
want ons as ouers het nie die krag
en ons is al voos
geslaan deur hierdie bose mag.
(Opgdra aan die gesin wie se seuntjie (3) gedurende die nag van 23 November 2001, doodgeskiet is deur inbrekers by hulle huis in Groenkloof, Pretoria.)
Ronél Louw Meintjes 2001
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking