Saterdag 20 Oktober 2012

Ons nederige huisie in Petone

Ons is baie gelukkig waar ons nou woon. Dit is baie sentraal en naby aan die stasie en busroetes. Ons woon een straat van Jacksonstraat af wat die hoofstraat is van Petone. Binne 'n paar tree van waar ons woon, is daar tientalle klein winkeltjies, café's, flieks, bars, biblioteek ens ens. Dis meer stedelik (urban) as waar ons voorheen gewoon het. Hoewel hier nie hoë woonstelblokke is nie, is dit soos 'n woonstelgebied in Suid-Afrika. Vir ons is dit 'n stappie beter as waar ons voorheen gewoon het. Ons voel ten minste ons sal vir 'n langer tydperk hier kan uithou agv die meer ruimte. Ons is stap afstand van die strand af (wat 'n bonus is). Natuurlik sal dit lekker wees om weer ons eie plek te besit, maar tot ons nie weet waar ons gaan vestig nie, sal ons nie 'n huis koop nie. Ons huis in Pretoria is ook nog nie verkoop nie, ons verhuur dit net. Hendrik moet ook nog 'n werk kry. Ek en Rialeen love Wellington, maar ons sal moet gaan waar Hendrik werk kry. Ek is ernstig besig om te soek na 'n permanente pos en Rialeen is vir volgende jaar ingeskryf vir 'n kursus in die voedselbedryf (iets wat sy al op skool oorweeg het) by die Weltech hier in Petone. Die lewe gaan dus aan vir ons hier in New Zealand.

Ons Huisie
Die trappe vanaf die voordeur

Die sitkamer is maar nog los stukkies hier en daar met die ekstra bed wat Rialeen nie in haar kamer wil hê nie 


 Eendag sal ons weer 'n sitkamerstel of ten minste 'n bank hê, maar vir nou oorleef ons nog met die twee stoele (hul kort net nuwe oortreksels)

 Ons Suid-Afrikaanse verplantjie op ons eetkamertafel saam met Wellington varkore
 Die spens
 Kombuis
 Ons tafeltjie wat ons vandag gekoop het vir ekstra werksplek in die kombuis
 Ons kruietuin in die kombuisvenster
 Uitsig deur die kombuisvenster
 Waskamer
 Badkamer met ons petite potplantjies
My en Hendrik se kamertjie 

     Die uitsig deur ons kamervenster               
Rialeen se kamer met haar skoolbankie as 'n bedkassie

 Haar tekentafel
 Haar ingevoerde kas om al haar kunsgoed te stoor
 Uitsig deur Rialeen se kamervenster

Geen opmerkings nie: