Saterdag 20 Oktober 2012

Petone Karnaval

Daar word elke jaar op die laaste Saterdag van Augustus 'n karnaval op die Petone strand gehou om afskeid te neem van die winter en die lente te verwelkom. Ek was so siek soos 'n hond, maar nadat Rialeen van die werk af gekom het, het ek myself uit die bed gesleep strand toe. Ons het die aand baie geniet, maar wag nog steeds vir die lente om te kom :-) en ek is nog steeds siek. Die dokter dink ek het kinkhoes of asma, hoes my longe uit veral in die nag. Daar is 'n groot boom reg voor ons kamervenster, mag moontlik dit wees, sukkel mos maar nog altyd met allergië.
 
 

 
 

 

 
 

 
 
 
 




 

 
 
 

Geen opmerkings nie: