Saterdag 20 Oktober 2012

Petone Beach

Ons woon binne loopafstand van hierdie pragtige strand af en gaan stap amper elke dag daar. Hoe bevoorreg is ons nie :-)!


Ons woon erens op die foto. Dis oppad na Wainuimata geneem vanaf die uitkykpunt langs die pad.
 









 

 




 

 Elke keer as ek hier stap moet ek net 'n foto neem.

Ons nederige huisie in Petone

Ons is baie gelukkig waar ons nou woon. Dit is baie sentraal en naby aan die stasie en busroetes. Ons woon een straat van Jacksonstraat af wat die hoofstraat is van Petone. Binne 'n paar tree van waar ons woon, is daar tientalle klein winkeltjies, café's, flieks, bars, biblioteek ens ens. Dis meer stedelik (urban) as waar ons voorheen gewoon het. Hoewel hier nie hoë woonstelblokke is nie, is dit soos 'n woonstelgebied in Suid-Afrika. Vir ons is dit 'n stappie beter as waar ons voorheen gewoon het. Ons voel ten minste ons sal vir 'n langer tydperk hier kan uithou agv die meer ruimte. Ons is stap afstand van die strand af (wat 'n bonus is). Natuurlik sal dit lekker wees om weer ons eie plek te besit, maar tot ons nie weet waar ons gaan vestig nie, sal ons nie 'n huis koop nie. Ons huis in Pretoria is ook nog nie verkoop nie, ons verhuur dit net. Hendrik moet ook nog 'n werk kry. Ek en Rialeen love Wellington, maar ons sal moet gaan waar Hendrik werk kry. Ek is ernstig besig om te soek na 'n permanente pos en Rialeen is vir volgende jaar ingeskryf vir 'n kursus in die voedselbedryf (iets wat sy al op skool oorweeg het) by die Weltech hier in Petone. Die lewe gaan dus aan vir ons hier in New Zealand.

Ons Huisie
Die trappe vanaf die voordeur

Die sitkamer is maar nog los stukkies hier en daar met die ekstra bed wat Rialeen nie in haar kamer wil hê nie 


 Eendag sal ons weer 'n sitkamerstel of ten minste 'n bank hê, maar vir nou oorleef ons nog met die twee stoele (hul kort net nuwe oortreksels)

 Ons Suid-Afrikaanse verplantjie op ons eetkamertafel saam met Wellington varkore
 Die spens
 Kombuis
 Ons tafeltjie wat ons vandag gekoop het vir ekstra werksplek in die kombuis
 Ons kruietuin in die kombuisvenster
 Uitsig deur die kombuisvenster
 Waskamer
 Badkamer met ons petite potplantjies
My en Hendrik se kamertjie 

     Die uitsig deur ons kamervenster               
Rialeen se kamer met haar skoolbankie as 'n bedkassie

 Haar tekentafel
 Haar ingevoerde kas om al haar kunsgoed te stoor
 Uitsig deur Rialeen se kamervenster

Woensdag 25 Julie 2012

Sulet - Dawid die musical

Tydens my kuier in SA was Sulet besig met die ontwerp en maak van die kostuums vir die produksie van Dawid die Musical en ek moes maar saam in haar werksplek kuier om genoeg van haar te sien of saam ry as sy gaan aankope doen.

Die ateljee waar al hierdie honderd en twintig kostuums onder Sulet se toesig ontwerp en gemaak is





Die aankoop van materiaal lyk vir my na 'n nagmerrie by hierdie warehouse. Ek  sal nie weet nie waar om te begin nie! Ek het nog nooit so baie materiaal bymekaar gesien nie, rye en rye vol op twee vlakke.

 Maar Sulet ken die plek soos die palm van haar hand en doen die aankope in 'n japtrap


Hul kort nog BAIE meer materiaal. Hier is Sulet en Melissa besig om by 'n ander plek nog aankope te doen





En 'n epos nadat ek terug is in Wellington wat enige ma se hart van trots sal laat bars

Dear Ronel,

I hope you do not mind me writing to you like this.  I asked Sulet for your e mail address. 

It was lovely to meet you while you were here.  I had been told so much about the family in New Zealand.

I sat in the audience on Friday night and watched the opening performance of Dawid. 

I have known Sulet for a few years now and met her as she completed her TUT degree.  I introduced her to her first major job in theatre. 

This was her first big design job for the theatre, and it was not an easy production to do.   Sulet has not had an easy time with the producers of this show let alone the actors, and at times I think she has been overwhelmed by the size of the show, and the antics of the cast and directors. 

I wanted you to know that as a professional in this business for 42 years, I am so proud of your daughter.  She has done a tremendous job that people with a lot more experience than she has would not have coped with.

She has come such a long way and will continue to do so.  She has the perseverance and guts to do it.  I know she misses you and I wanted you to know how well she has done and that you can be so proud of what she delivered on this show.  I will continue to watch over her, when she needs it and will be here for her when she needs back up in this business.

There were a lot of good comments from the audience about the costumes and she got a wonderful applause when she came on stage to take her bow.

I hope you have settled down again at home and I am sure we will meet again on your next visit, most probably in the wardrobe.

Kind regards

Bronwen

Bronwen Lovegrove
Decor Wardrobe Manager
The South African State Theatre


Crew en cast van Dawid die musical

Afrikaans is groot in New Zealand

Ek is 'n vreeslike treurige speller en is verlore sonder 'n woordeboek. Ek het nie lank nadat ons hier in New Zealand aangekom het nie, 'n behoefte ontwikkel om 'n woordeboek te koop. Daar is woordeboeke tussen die paar goedjies wat ons saam met swaer Frederik-hul se goed laat kom het en dit sou nog 'n ruk vat voordat hul hier voet aan wal sit. Ek het dus lank uitgestel om een te koop, maar later was dit net irriterend om elke keer die rekenaar aan te skakel en te search of op Word in te gaan om te sien hoe om 'n woord te spel. Eendag sien ek by die Warehouse (iets soos Game in SA) word 'n Collins New Zealand Dictionary verkoop teen 'n billike prys en ek koop sommer dadelik een. Groot was my verbasing om 'n klomp Afrikaanse/Suid-Afrikaanse woorde daarin te vind. Dit bewys net watse groot invloed Suid-Afrikaners hier op die kultuur van die New Zealanders het. Mense wat meer in statistieke belangstel as ek, beweer dat daar al 100 000 Suid-Afrikaners hier woon. Almal weet wat boerewors en biltong is en ken mieliepap, melktert en koeksister, maar ek het nie gedink hul sou die woorde al in hul woordeboek opgeneem het nie.

Toe Hendrik kom kuier het, het hy vir ons 'n Afrikaans-Engelse woordeboek gebring, want dit is nog 'n groter probleem as 'n mens nie weet wat is die korrekte Engelse woord nie. Ek en Rialeen slaan dikwels net heeltemal toe en kan doodeenvoudig nie 'n Engelse vertaling uitdink nie. Die twee woordeboeke word baie goed deur my benut, vir die skryf van my blog (om Afrikaanse woorde op te soek) en alle ander korrespondensie wat ek in Engels moet skryf. Al die geskryf help darem ook om 'n mens se spelling te verbeter.

Hier volg 'n paar van die woorde wat ek in die Collins New Zealand Dictionary gevind het met hul verklaring van die betekenis:

Africander - a breed of hampbacked cattle orignally from South Africa, known as Afrikander in Afrikaans

African time - South African slang for unpunctuality

Afrikaans - one of the official languages of South Africa, descended from Dutch

Afrikaner - a White South African whose native language is Afrikaans

Ja - South African yes (hul sê 'ye' hier en lag vir ons Afrikaners wat op alles sê 'ja-ja')

Jukskei - South African game in which a peg is thrown over a fixed distance at a stake fixed into the ground

Kak - South African taboo 1. feaces 2. rubbish

Koeksister - a plaited doughnut deep-fried and soaked in syrup (Afrikaans)

Biltong - Strips of meat dried and cured in the sun (Afrikaans)

Boer - a descendant of any Dutch or Huguenot colonist who settled in South Africa

Boere - rustic or country style (from Afrikaans boer = a farmer)

Boeremeisie - a country girl of Afrikaans stock

Boereseun - a country boy of Afrikaans stock

Boerewors - a traditional home-made farmer's sausage

Braaivleis - 1. a grill on which food is cooked over hot charcoal, usuallly outdoors 2. an outdoor party at which food like this is served 3. to cook (food) on this way (also 'braai' in Afrikaans)

Bobotie - a South African traditional Cape dish of curried minced meat

Ou - South African slang, a man, bloke or chap

Oubaas - a man in authority (baas = boss)

Tannie - a title of respect used to refer to an eldery woman (aunt)

Oom - a title of respect used to refer to an eldery man (uncle)

Pap - South African Maize porridge

Gauteng - province in South Africa

Cape, the Cape 1. the Cape of Good Hope 2. the SW region of South Africa's Cape Province

Bantu - 1. a group of languages of South Africa 2. offensive - a black speaker of a Bantu language 3. of the Bantu languages or the peoples who speak them

Bantustan - fromerly, an area reserve for occupation by Black South African people. Official name: homeland

Bundu - South African slang, a largely uninhabited wild region far from towns (from a Bantu language (Die Tweetalige Afrikaans/Engelse woordeboek het nie eens die woord in nie - Rialeen het oor die woord gewonder en dis hoekom ek dit opgesoek het in die New Zealand Dictionary)

Kaffir - South African offensive absolete - a Black African

Apartheid - formerly -the official government policy of racial segregation in South Africa

Ouma - South African 1. grandmother 2. Slang - an elderly women

Oupa - South African 1. grandfather 2. slang - an elderly man

Rooibos - a kind of tea made from the leaves of a South African wild shrub, also called Rooibos tea, bush tea (Afrikaans rooi = red + bos = bush)

Rooinek - South African contemptuous name for a Englishman (Afrikaans rooi = red + nek = neck

Poep - South African taboo - 1. an emission of intestinal gas from the anus 2. a mean or despicable person (Afrikaans)

Zulu - 1. a member of a tall black people of South Africa 2. the language of this people

South African - 1. of the Republic of South Africa 2. person from the Republic of South Africa

en natuurlik die belangrikste van almal:
Springbok -  1. African antelope which moves in leaps 2. a person who has represented South Africa in a national sports team (Afrikaans)

Predikant - a minister in the Dutch Reformed Church in South Africa

Lorry - South African, a large motor vehicle for transporting heavy loads

Bakkie - South African, a small truck with an enclosed cab and an open goods area at the back ( Afrikaans bak = container)

Bafana bafana - South African national soccer team (bafana = the boys, from Nguni language group from SA)

Dorp - South African, a small town or village

Donder - South African slang 1. to beat (someone) up 2. a wretch; swine

Brak - South African 1. a crossbred dog, mongrel 2. slightly salty water, brackish (Afrikaans)

Tsotsi - South African, a black street thug or gang member

Impi - a group of Zulu warriors (Nguni, language group of South Africa)

Coloured - offensive, 1. a person who is not white 2. in South Africa, a person of racially mixed parentage or descent 3. South African, a person of white and non-white parentage

Hottentot - 1. race of indigenous people of South Africa which is now almost extinct 2. a member of this race 3. also called: Khoi Khoi the language of this race

Assegai - a sharp light spear used in South Africa

Stoep - a verandah (Afrikaans)

Stompie - South African slang, 1. a cigarette butt 2. a short man (Afrikaans stomp = stump)

Ek sal kyk of ek dalk nog 'n paar kan opspoor. Maak maar self uit of jul met hul verklarings van die woorde saamstem.