Op die terugpad na ons vakansie in Auckland, het ons ons roete verander sodat ons 'n bietjie meer van die Noord-eiland kon sien. Rotorua was ons eerste stop. Dit is 'n stad in die hart van die Noord-eiland, 140km suid-oos van Auckland. Dit het 'n populasie van 56000. Dit is 'n gewilde toeriste aantreklikheid agv die warmwaterbronne, geisers, warm modderpoele en 17 mere in die omgewing.
Ons wou graag na die geisers gaan kyk, maar teen die pryse het ons besluit om maar aan te beweeg. As 'n mens 'n dag het om daar te spandeer, is dit seker die geld werd, maar ons wou aanstoot Napier toe om daar oor te slaap.
Ons het onsself in die souvenir-winkel besig gehou,
die Maori-kuns bewonder.
en middagete langs die pad geƫet.
Dan kom ons agter die hele omgewing is oortrek met 'bubbling hot mud pools' en warmwaterbronne waarna mens gratis kan gaan kyk.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking