Rangitoto is 'n vulkaniese eiland wat 'n baie sigbare landmerk in Auckland is. Dis die jongste en grootste vulkaan van 50 in die Auckland omgewing. Dit het ontstaan 550-600 jaar gelede na 'n uitbarsting en het 'n deursnee van 5.5 kilometer.
Hendrik bewonder die Rangitoto vulkaniese eiland vanaf Mount Victoria in Devonport
Die eiland is sigbaar van al die strande aan die North Shore
Ons klomp Meintjes het besluit om 'n dag daarvan te maak en die eiland te besoek. Frederik het by Marnie en Isaac gebly en Barend het gewerk. Die res van ons het die ferry vroegoggend gehaal in Auckland stad. Onder staan Hendrik en Hannetjie tou om vir ons kaartjies te koop vir die rit.
Ons het twee Meintjes cowboys saamgevat :-) Mathys en sumari
En daar gaan ons!
Die son is skaars op toe ons op die eiland aankom. My nuwe kamera se battery is pap en dis weer selfoonkamera ingebruik.
Dapper-stapper val ons in die pad met Andries as die 'toerleier'.
Uit teen die berg
2.2 km in 55 minute! Dit het ons 'n hele rukkie langer gevat nader aan 110 minute, bulte uitstap is vermoeiend!
Die swart lava-klip vorm die grondformasie van die eiland
'n Bietjie asemskep en inligting versamel
Ons ongeduldige toerleier dink nog ons gaan bo uitkom binne die 55 minute en wag ongeduldig op ons
Andries bestudeer die kaart saam met sy oom Hendrik, die geoefende toerleier om te besluit of ons her- of derwaards moet gaan.
Oral is valletjies gestel vir knaagdiere wat die plantegroei op die eiland uitroei.
Trappe op!
Rus bene rus! Andries trippel onrustig eenkant rond, die tyd stap aan.
Die eerste uitsig oor Auckland
Verder teen die bult uit!
Omdat daar nie normale grond op die eiland is nie, het dit jare geneem voor plantegroei weer hier voorgekom het en die bome is dus nog relatief jonk.
'n Toervergadering terwyl die bene rus.
'n Grot wat 50 meter lank is.
Nog trappe
Uiteindelik bo by die krater!
Tyd vir middagete
en om die pragtige uitsig oor Auckland te bewonder
Mount Victoria in Devonport
'n Honger voeltjie
Verveelde kinders
Dan is dit tyd om die terugpad aan te pak.
Die bunkers is tydens die Tweede Wereldoorlog gebou om die hawe te beskerm en Amerikaanse soldate te huisves. Kidney Fern is 'n inheemse plant wat deur Maori's geeet word.
Nog stap, maar amper onder by die water!
Moeg gestap! Maar nou moet ons vir die ferry wag om ons terug na die beskawing te vat.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking