Napier is 'n stad aan die ooskus van die Noord-eiland in die Hawke's Bay Distrik. Dit is 320km noord-oos van Wellington. In 1931 is Napier vernietig in 'n aarbewing, 256 mense is dood. Daarna is die stad in die Art Deco styl herbou wat op daardie stadium die mode was. Napier is dus bekend vir 'n groot versameling Art Deco argitektuur en duisende mense woon die Art Deco Fees in Februarie elke jaar by.
Ons het beplan om in Napier oor te slaap oppad terug Wellington toe na Kersfees in Auckland. Ons sien altyd dat dit baie warmder is in Die Hawke's Bay Distrik as in Wellington. Ons het eers laat middag daar aangekom en wou weer vroeg die oggend ry. Ons het dus nie genoeg van Napier gesien nie. Ons sal maar op 'n ander keer teruggaan.

Ons het in die motel oornag.
En oor die see en strand gekyk
en 'n pragtige sonsondergang beleef teen 21h30!
Dou voor dag het ek uit die bed gespring en foto's geneem van die pragtige sonsopkoms oor die see.
Na ontbyt het ons die kamer ontruim en 'n bietjie rondgestap in die omgewing.
Dis waar die naam Pebble Beach vandaan kom.
Die National Aquarium was oorkant die straat van die motel waar ons oornag het.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking