Verlede week het hul 'n bord kom inslaan op die sypaadjie voor ons popspeelhuisie wat se dat dit op 'n veiling verkoop gaan word. Die eienaar kon nie byhou met die paaiemente nie. Hy het vreeslik omverskoning kom vra. Nou ja, miskien sit ons een van die dae op die straat.
Die eienaar is 'n vreeslike vriendelike ouman wat altyd soos 'n boemelaar lyk. Hy bly net om die draai van ons in 'n huis met 'n tuin wat soos 'n bos lyk. Hy voel vreeslike jammer vir my en Rialeen en kom gedurig hieraan om te kyk of alles nog reg is en te hoor hoe dit met ons gaan. Hy kan vreeslik baie praat en partykeer kruip ek weg dat hy nie moet sien ek is hier nie. Hy ry 'n klein bakkie, soos daai ou Nissan bakkies (hier noem hul dit 'n 'truck'). Hy praat altyd van sy truck, dan wil ek lag. Vir my is 'n 'truck' 'n groot voertuig wat goedere van Durban na Johanneburg vervoer. Miskien is ek maar net dom. Maar om terug te kom na John, hy het baie stories te vertel van al die ontwikkelings wat hy gedoen het hier in Johnsonville. Hy vertel nou dat hy 'n 10 hektaar stuk grond ontwikkel het in erwe en nou kry hy dit nie verkoop soos hy beplan het nie agv die swak ekonomie. Hy het dus kontantvloei probleme.
Sy skoonseun kom ook uit Suid-Afrika, Kaapstad. Hul woon tans in Zambie vir 3 jaar, maar John kan nie lekker onderskei tussen Suid-Afrika en Suidelike Afrika nie en praat asof Zambie deel is van Suid-Afrika. Om 'n lang storie kort te maak, vandag het hul die huis geskou en ons moes onsself elders gaan besig hou vir die middag. Ons is toe na Layll Bay. Gelukkig was dit 'n heerlike sonskyndag soos 'n mens op die foto's kan sien. Ek sal nou nie se dit was warm nie, so 13 grade.
Die Deli waar ons middagete geeet het
Mmm! Njamnjam... noedelslaai, sop en brood, pavlova en flat white vir $22, 'n bargain!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking