In die middel van Junie begin ek 'n uitslag ontwikkel op my bors en nek. Oor die naweer begin ek soek na 'n na-ure kliniek. Ek sien dat daar 'n nuwe praktyk gaan open nie ver van ons nie met onder andere 'n dokter met die naam, Magda Erasmus. Dis hoe die gedagte ontstaan om van dokter te verander. Intussen sien ek ons vorige huisdokter, van meer as vyf jaar en sy diagnoseer my met gordelroos, op 'n snaakse plek aan die linkerkant van my nek agter en onder my hare in. My gestel moet af wees na die traumatiese tyd wat ek deurgemaak het met depressie. Ek het ook baie gewig verloor in die laaste maande.
Maar om terug te kom na die storie van die seer in my mond. Ek het my mond getrou met soutwater gespoel asook mondspoelmiddel, maar die seer word, wat my betref, net groter. Tien dae nadat ek die tandarts gesien het, besluit ek om Magda Erasmus te gaan sien, aangesien ons nou by die nuwe praktyk geregistreer is.
Die rede hoekom ek nie terug is na die tandarts toe nie, is eerstens die fooi wat ek moet betaal en tweedens het sy nie gedink dis nodig om antibiotika te gebruik om geneesing aan te help nie. Spoel met soutwater was haar voorskrif. Ek wou 'n tweede opinie hê. Ek het ook 'n ander opvallende knop in my nek ontwikkel wat my begin pla het sedert die gordelroos episode.
Vol versekering dat 'n dosis antibiotika die antwoord sal wees, is ek na Magda Erasmus, my eerste besoek aan haar. Sy het net een kyk na die seer gegee, haar kamera gekry en 'n foto geneem en dadelik gesê dat sy dink dit is meer as 'n net 'n plek waar ek my raakgebyt het. Sy gee my egter antibiotika op my aandrang en sê, as daar nie verbetering is teen die tyd wat die antibiotika klaar is nie, moet ek dadelik terugkom na haar. Die knop in my nek pla haar nie.
Na 'n week is ek terug by haar, bekommered dat die seer nie gesond word nie, maar haar woorde oor kanker het nie juis ingesink nie. Sy verseker my dat sy my reeds na 'n Mond, Kaak en Gesigarts verwys het en dat hul my sal kontak vir 'n afspraak. Sy gaan vir twee weke op vakansie, as ek niks van die spesialis hoor nie, moet ek haar dadelik laat weet sodra sy terug is.
Ek dring daarop aan dat sy vir my 'n verwysing moet gee om 'n sonar te laat doen van die knop in my nek en ek laat dit doen gedurende die tyd wat sy weg is. Nog voor ek Magda kan laat weet dat ek niks van die spesialis gehoor het in die twee weke wat sy weg was nie, kry ek 'n oproep van die verpleegster by hul praktyk dat ek 'n afspraak moet maak om Magda te gaan sien. Die woord kanker kom by my op en ek onthou haar bekommernis voor sy weg is op vakansie.
Die sonar het gewys dat knop waaroor ek bekommerd is, is niks om oor bekommerd te wees nie, maar daar is 'n ander knop of knoop (node) onder my kaak, aan die kant waar die mondseer is, waaroor die radioloog bekommerd is. Hul het aanbeveel dat ek na 'n Oor, Neus en Keelarts gaan vir 'n biopsie.
Ons kan nie kla nie, alle spesialisdieste is gratis. Hendrik se twee operasies, chemo, vyf jaar se bloedtoetse, jaarlikse scan en kolonoskopie het ons nie 'n sent gekos nie, maar hier is geen haas nie, eilandtyd... Ek weet nou dat die mondseer ernstig is, maar moet weer twee weke wag om die ONK arts te sien. Dit is 'n lang wag en die realiteit van kanker sak in.
Dinsdagmiddag kry ek 'n boodskap dat ek die Mond, Kaak en Gesigarts Woensdag twee-uur kan sien. Ons het reeds die dag afgevat om stad toe te gaan na die konsulaat vir ons paspoorte. Ek het uitgesien na 'n sorglose dag in die stad saam met Hendrik.
Dis 'n pragtige sonskyndag wat bederf is met die diagnose van kanker.

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking