Woensdag 30 November 2011

Sulet se besoek: Pragtige Nelson!

Die hoogte punt van Sulet se kuier was sekerlik ons besoek aan Nelson. Die hele uittog met die ferry en die intercity-bus was pret (al het dié twee al die pad gelê en slaap. Ek moet erken ek het oppad terug ook om geslaap op die ferry), maar Nelson is net so 'n pragtige dorp en die natuurskoon slaan 'n mens se asem weg. Ons kon dit nie met ons kameratjies vaslê nie, maar ons het nogtans probeer.

Die gastehuis, Joya, waar ons gebly het, was pragtig. Die eienaar is 'n hollandse vrou wat 'n paar jaar gelede New Zeeland te geimmigreer het. Sy is vreeslik 'groen' en het so 'n hippie-looking voorkoms. Alles in die plek is organies en omgewingsvriendelik.

Joya





Elkeen sit sy eie posbus op
 Pragtige klein dorpie








Aandete by die Indian Cafe (curry4u)
Alles is borriegeel tot die eienaar se kar






Ons het so baie foto's geneem dat ek die res later sal opsit. Ons was die volgende dag by die World of Wearable Art Museum en het 5 km langs die see teruggestap en langs die pad het ons geëet by 'n restaurant wat oor die see uitkyk en die aand was ons by die fanzone in die middedorp, maar dit wys ek dan volgende keer.


Saterdag 26 November 2011

Sulet se besoek: Intercity-bus van Picton na Nelson

Die busrit is 2 ure lank en die bus stop by sekere punte om mense op te laai en af te laai, maar ons kon nie afklim nie. Ek het dus sommer foto's deur die venster geneem terwyl ons gery het. Dit het nie te sleg uitgekom nie (bo verwagting!)
Sulet is nog wakker!















 Moeg gesit en doodhonger kom ons in Nelson aan. Gelukkig is die Brown Sugar Cafe net met die straat af en ons val weg met pampoensop en nacho's 




Sulet se besoek: InterIslander Ferry na die Suid-Eiland

Sulet was eintlik net een naweek hier gewees. Sy het die Maandagnag gekom en het twaalf dae later die Sondagoggend, tien-oor-ses, weer vertrek. Ons het lank voor die tyd besluit dat ons daardie naweek na die dorp Nelson (hier noem hul dit 'n stad, maar dit het net 35000 inwoners) op die Suid-eiland wil gaan. Die wêreldbeker was nog aan en die laaste rondtes is in Auckland gespeel. Ons wou so ver as moontlik van Auckland wees met al die rugby-geesdriftiges. Sulet het gegoogle en gesien hoe mooi Nelson is. Sy het vir ons bespreek by 'n gastehuis, Joya, en ons het beplan om met die Interislander ferry na die Suid-eiland te reis tot by Picton en daarvandaan met die Intercity bus tot by Nelson.

Ons moes dus van die Johnsonville-stasie tot in Wellington met die trein ry. Daar het ons 'n bus by die stasie gehaal wat ons tot by die terminaal gevat het, waarvandaan die ferry vertrek. Dit moes alles dou voor dag gebeur omdat die ferry so vroeg vertrek. As ons die ferry mis, mis ons die bus by Picton. Dit het my 'n slapelose nag besorg. Sulet en Rialeen was nog half aan die slaap en Sulet was nog steeds nie heeltemal uitgerus (tussen al ons rondgeritsery nie) van die vlug vanaf Suid-Afrika nie. Hul het die hele pad op die ferry gelê en slaap. Ek het Sulet darem met 'n groot gesukkel op gekry om 'n paar foto's van haar op die ferry te neem.

Ons het 'n reuse bufette ontbyt van $12 gedeel en dit was amper teveel vir ons drie. Daarna het ons 'n gerieflike sitplek gaan soek. Ons het gehoop om by 'n venster te sit, maar die beste plekke was klaar gevat.
Ek het rondgestap en foto's van die binnekant van die ferry geneem. Soos mens kan sien was dit nog in die middel van die wêreldbeker.
Na my gefoto-nemery kry ek die twee vas aan die slaap... 
 Ek is toe op na die dek om daar foto's te neem...




 en vind Rialeen op die vloer tussen die twee rye sitplekke ... vas aan die slaap
en Sulet ... (ons kon vir goedkoper gevlieg het en dan was ons gouer daar)
Op die einde kry ek Sulet darem wakker vir 'n foto op die dek





Uiteindelik is Rialeen ook wakker!
 Die einde van ons tog is insig