Ons het vir weke voor Sulet gekom het, die weer dopgehou en gehoop dat ons goeie weer sal hê, maar dit was ons nie beskore nie. Die eerste dag wat Sulet hier aangekom het, het dit gesous. Ons het beplan om haar na my werk toe te vat en Dresssmart oorkant die straat en dan Porirua toe na die mall daar. Dit het so gereën toe ons by Dresssmart uitkom dat ons dadelk die bus Porirua toe gevat het en ek het haar dus nooit gaan voorstel aan die mense by my werk nie, want ons het nooit weer tyd gehad om na daardie kant toe te gaan nie. Ons was net te besig en daar was net teveel wat ons wou doen.
Sulet het Dressmart (wat 'n outlet sentrum is) en Porirua se klerewinkels leeggekoop. Sy kon nie glo hoe goedkoop klere hier is nie. Ek het vir haar voor die tyd gesê om nie teveel klere te bring nie, want ek ken haar en weet hoe 'n mens is as jy oorsee gaan. Mens wil vir elkeen ietsie koop en 'n tas vol aandenkinge terugvat, maar sy het nie geluister nie en moes op die einde 'n klomp van haar ou klere hier los om al die nuwe klere ingepak te kry.
Die Woensdag het Rialeen vroeg klas gehad en ek en Sulet het gewag vir ons online shopping om afgelewer te word. Daarna is ons na die Queen's Wharf. Teen daardie tyd was Rialeen klaar met haar klasse en is sy saam met ons. Die weer was effens beter. Dit het darem nie gestortreën nie, maar dit was bewolk met 'n motreëntjie so nou en dan.
Ons het iets geëet en drink by die Te Papa-Museum en Sulet en Rialeen het een vloer deurgestap.
Lawwigheid met die Te Papa se tegnologie
Daarna het ons al met die strand langs gestap na Oriëntal Bay en by die Fishermans Table 'n tafel bespreek om die aand daar te eet. Ons het teruggestap na waar die meeste winkels in die CBD is en Sulet kon verder haar verwonder aan die goedkoop klere en nog 'n paar rand aan geskenke en aandenkings spandeer.
Laat middag is ons terug na die Fishermans Table om daar te eet. Gelukkig het 'n vriendelike waitress 'n foto van ons drie saam geneem.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking