Vrydag 06 Januarie 2012

Auckland: Frederik-hul se eerste tuiste

Frederik huur 'n huis hier in Coatesville aan die North Shore van Auckland (as dit is hoe 'n mens dit beskryf). Soos ek dit verstaan, is dit meer vakansie-akkommodasie en huur hy dit nie op 'n kontrakbasis nie. Hy kan dus enige tyd uittrek wanneer hul iets anders kry. Die plek is ten volle gemeubileerd, krag ingesluit, wi-fi en sky-tv. Hier is slaapplek vir 8 mense (as die bank in die sitkamer oopgeslaan word).  Dit is dus heelwat luukser as wat ek en Rialeen aan gewoond is.


'n Speelparkie vir die toekomstige kleinkinders

 Marnie en Barend se karretjie voor die garage wat in 'n kamer en waskamer omskep is. Ek en Rialeen slaap daar.
Frederik se kar
Barend op die stoep besig om 'n vuur aan die gang te kry.



Die deur na my kamer en die waskamer
Die kamer waar ek slaap
Uitsig deur my kamervenster


Hierdie gemeenskaplike grasperk word deur 'n baie mooi vrou van omtrent my ouderdom gesny. Sy kom met haar truck hier aan en laai self die grassnyer af en sny die grasperk op haar eie (geen hulp nie).
Frederik en Barend se eerste braai op hul nuwe braaier.
Lekker kuier op die stoep

En 'n pragtige sonsondergang halftien in die aand om 'n lang dag af te sluit

1 opmerking:

alta het gesĂȘ...

Ons het hier gebly vir 'n naweek net toe ons hier aangeland het. Nou nog foto's. Kan aanbeveel vir enige iemand, daar is 'n paar huisies, kan nou nie meer onthou nie. Dink een van die eienaars is Rob?