Lyk my ek is klaar in regte New Zealander. Hier is altyd 'n kompetisie aan oor watter stad die beste plek is om te woon. Almal in Wellington kan die hele tyd vir jou vertel van al die goed waarvan hul nie hou in Auckland of Christchurch nie (niemand hou van aardbewings nie). Daar is 'n kompetisie tussen die Noord en Suid-Eilande, Christchurch en Wellington ens ens. Nou lyk dit my die Aucklanders kan weer alles opnoem wat verkeerd is in Wellington (al was hul nog nooit daar nie). Ek is nou maar 'n Wellingtoner (vir al die Aucklanders wat voel ek het hul stad aangevat).
Wellington is waar my huis nou is, waar my paar vriende is, my werk, my sekuriteit, die bekende. Ek het al honderde kere gesê, Wellington is maar net 'n groot dorp. Alles kom tot 'n stilstand sesuur in die middag behalwe Donderdae. Daar is net drie weke somer in 'n jaar (die eerste drie weke in Februarie). In Wellington waai die wind jou van jou voete af, dit reën dae aanmekaar, die maksimum temperatuur is amper nooit bo 18 grade nie, maar as die son skyn, skyn hy en die hemel is onmiddelik die pragtigste diepblou en ons verbrand bloedrooi.( Vra my, ek pas kinders buite op vir ure aanmekaar op 'n speelterrein elke keer wanneer die son uitkom.) Die Wellingtoners is warm, vriendelike, dorpsmense wat almal aanvaar, maak nie saak van watter kultuur, land, velkleur, taal of geloof jy is nie, of jy 'n partner het, of getroud is, gay is, met 'n chinese of samoan getroud is, toilette skrop of 'n professor is, hul maak geen onderskeid nie. Hul laat jou tuis voel in hulle land en doen alles in hul vermoë om jou te help om hier gevestig te raak.
Ek ken Auckland nie so goed nie en wil nie veel meer oor Auckland sê as wat ek reeds gese het nie. Ek weet net, ek kry verskriklik warm hier, dit is bedompig en die son het amper nog nooit geskyn vandat ek hier aangekom het nie. Dit is asemrowend mooi, baie mooier as Wellington, baie meer modern en gesofistikeerd, maar as ons op die snelweg ry, staan ons elke liewe keer. Hier is nie 'n treindiens soos in Wellington nie en 'n mens is afhanklik van busse (wat gekanselleer word omdat dit 'vakansie' is. Ek dog vakansie is wanneer toeriste 'n mens se stad besoek en hul vervoer moet word.)
Maar as ek hier moet kom woon, sal dit my tuiste word en sal ek aan Auckland se dingetjies en weer gewoond raak, aan die kosmopolitaanse atmosfeer, die baie tale wat op straat gepraat word. 'n Mens sal op die einde seker maar meer in die omgewing rondbeweeg waar jy woon en werk en nie soveel tyd in die middestad spandeer nie. Ons sal die busdiens beter leer ken en verstaan en gewoond raak aan verkeer wat op snelweg staan. Dit sal ons huis en tuiste word. Dit is waar amper 'n derde van die New Zealandse bevolking woon, so, hier moet iets wees wat nie in Wellington of Christchurch is nie. Dit is seker maar waar Hendrik werk sal kry en Rialeen wil nou met alle geweld hier kom woon. Ek moet nou maar net gewoond raak aan die idee.
Kyk en verstaan.
As dit nie mooi is nie, weet ek nie wat mooi is nie!
Wellingtonomgewing
En dis hoe Auckland lyk vandat ek hier aangekom het.
Let daarop dat die son ook skyn, maar geen diepblou hemel nie.
Op die foto wil die blou darem so amper-amper deurkom
Maar nou ja, kom maar tot jul eie gevolgtrekking, dit is net my eie subjektiewe belewenis. Dit bly maar vir 'n Gautenger ander klimaatsomstandighede om by aan te pas. Ek waardeer die feit dat dit nie so warm is as in Pretoria nie, maar ons kry genoeg sonskyn in Wellington (en ekstra uv) dat dit nie vir my morbied is nie.
1 opmerking:
Ons was laasjaar in
Wellington en vir my baie mooier as Auckland. Hier maar werk gekry en opgeland maar sal verkies om enige ander plek in Noord eiland te bly as hier. Was vir week in Tauranga en sal more soontoe trek, lekker son en warm weer gehad en vandag weer terug in Auckland met sy grou weer en reen. Hier bitter min son 'n jaar, wel die jaar spesifiek en moet se die weer vang ons maar erg. Bly jy het jou kuier geniet maar stem saam hier sal ek nie wil bly as ek van Wellies afkom nie.
Plaas 'n opmerking