Op hierdie plasie, tussen Rayton en Bronkhorstspruit, is my swaer se pa 'n paar jaar gelede vermoor in sy huis wat skaars vyftig tree van die groot huis is. Hy is in die nag daar oorval en geskiet met die wapen wat hy langs sy bed gehou het om homself te kan verdedig. Hy het homself tot by die voordeur gesleep om hulp te soek en dis waar Johnnie hom vroeg die volgende oggend gekry het in 'n plasbloed.
Of dit nie genoeg was nie, het die skelms weer na twee maande daar opgedaag, al die honde gif ingegee en daarna oom Doppie (Johnnie se pa) se bakkie wat nog daar gestaan het gevat. Hul het Siebrits se motorfiets en alles wat in die huis oor was (selfs die prente teen die mure) opgelaai en is daarmee weg. Die polisie het tot nou toe niemand vir enige van die oortredings vasgetrek nie.
Perde is die Cilliers se groot voorliefde
Siebrits en Dinkie besig om die perde te roskam
Johnnie en Heleen hard besig om vir ons 'n vuur te maak
Gelukkig het hul 'n skaaphond om die rook vir ons op te pas
Die vuur is reg en dis Johnnie en Siebrits se beurt om 'n entjie op die perde te gaan ry. Hendrik sit lekker met sy handjies gevou.
Klein Rex pas die vuur vir ons op
Hierdie foto is so vyfuur in die middag geneem en dis die maan op die agtergrond
en Hendrik sit nog steeds met sy handjies gevou...
Ai, as mens kuns as 'n vak op skool het, is daar nie tyd vir ontspan nie. Jolene hard besig met haar kuns wat Maandag ingehandig moet word
Ons kat, wat Heleen-hul se kat se babatjie was. Die mamma-kat is dood toe die honde gif ingegee is en sy ook van die gif ingekry het. Ons het hierdie babatjie mooi groot gemaak en nou woon hy weer by hul op die plaas en ons in New Zealand (Ai, ek mis 'n troeteldier!)
Is klein Rex nie die mooiste brakkie in die wereld nie?
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking