Muriwa Beach Regional Park strek oor 50 kilometer van die Tasmaniese kus tot by die mond van die Kaipara hawe. Dit is bekend vir die swartsand wat veroorsaak is deur die hoë ysterinhoud as gevolg van volkane in die gebied eeue gelede. Dit is die tuiste van 'n groot kolonie 'Australasian Gannets' (Sula Serrator) wat hier broei. Dit is wat ons na die strand gelok het. Min het ons geweet ons gaan ses kilometer moet stap om die kuikens te sien! Die gps het ons na die reservaat gevat en nie na die strand die naaste aan die voëls nie. Nie dat ek en Hendrik omgee om te stap nie. Dit was so 'n misreëndag en dus glad nie warm nie. New Zealand se uv is net so hoog omdat hier nie besoedeling is nie en die sonnetjie het ons dus goed bygekom.
Soos altyd was daar 'n kaart om die roete aan te toon en al die belangrikste punte uit te wys.
Ons karretjie is ook honderd persent veilig hier op sy eie.
Dan begin die stap.
4x4 voertuie word hier toegelaat op die strand.
Frederik het darem soos altyd sy hoed op en die twee gesels lekker met hul voete in die water.
Ons het gelukkig 'n bottel water in die kar gehad.
Hendrik het al diep spore in my lewe getrap hier in New Zealnd :-). Dis lekker om sy voetspoor so in die sand te sien, 'n bewys dat dit nie net 'n droom is nie.
Die voëls begin sigbaar word op die koppie voor ons.
Eers weer skoene aantrek voordat ons die rotse aandurf.
En dan begin ons die teen die berg opstap.
'n Blaaskansie terwyl die manne die kaart bestudeer.
Ek neem 'n paar foto's van gebeure onder ons.
Dan is dit weer klimtyd!
Uiteindelik by die uitkykpunt!
Gelukkig is daar 'n cafe net weg van die strand met 'n speelpark en skoon toilette. Ek is dood van die honger, na 'n broodjie en koffie, sien ek weer kans vir die terugpad.
'n Karavaanpark as jy wil oorbly.
'n Uitkykpunt om die hele gebied op die strand dop te hou vir ongevalle of nood.
Perde word ook toegelaat op die strand (maar daar is nie sakkies vir hulle mis nie. Die honde s'n moet mens optel)
'n Netjiese toilet by die eindpunt waar ons kar geparkeer is.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking