Dinsdag 01 Januarie 2013

Browns Bay

Volgens Wikipedia het Browns Bay 'n 'sizeble south African community. An annual African festival is held there every March. On account of its Afrikaans churches and community centres, as well as South African shops that sell boerewors and biltong, Browns Bay is sometimes known as 'little Bloemfontein'.

Browns Bay is die woonbuurt waar Frederik-hul woon. Ons het een oggend sommer voetgeslaan na die strand toe. 'n Bui reën het uitgesak,  hoewel ons in 'n bushuisie skuiling gevind  het, het ons nogtans goed natgereën voordat ons by die strand uitgekom het. Dit was die begin van ons groot gestappery hier in Auckland rond (die res sal jul later van hoor).

 
Die trekker het ons aandag gehou terwyl dit 'n boot uit die see gesleep het.


 Een seemeeu het kom bedel en toe Hendrik hom 'n tjippie voer, het daar 'n swerm van verskillende voëls op ons toegesak.


'n Stil dag op die strand, maar 'n paar brawes het die water aangedurf in die slegte weer. Die seewater hier in Auckland is warm en dis seker die rede dat 'n mens hier soveel meer mense sien wat swem in die see as in Wellington.


Geen opmerkings nie: