Ons besoek aan Takapuna hou 'n lang en ingewikkelde storie in wat daar toe gelei het dat ons tien kilometer gestap het daardie dag (seker maar my skuld). Ons het darem baie goeie oefening gekry. Ons dagstappie het daar waar die twee toringgeboue op die eerste foto is, begin en die omdraaippunt was waar die park (in die voorste groen, sirkelarea) is. Tot by die park was dit vyf kilometer en die terugpad was dus ook vyf kilometer (onbeplan). Nou ja, tien kilometer later het ons doodhonger by ons beginpunt gearriveer, maar dit was die moeite werd (volgens my. Hendrik swyg nog daaroor).
Die foto het ons die volgende dag vanaf Mount Victoria geneem in Devonport. Die park was duidelik sigbaar van die top van die berg af.
Die foto het ons die volgende dag vanaf Mount Victoria geneem in Devonport. Die park was duidelik sigbaar van die top van die berg af.
Die kaart toon die roete en afstande aan wat ons gestap het.
Toe ons verlede jaar in Auckland was, het ek, Rialeen en Andries Takapuna 'n paar keer besoek. Die busse loop hier deur na die CBD en ons kon maklik afspring en weer opspring. Ek wou dit graag vir Hendrik gaan wys, maar in my kop was daar 'n baie mooi park in die rigting van Devonport. Nou ja, na vyf kilometer se stap, het ons geweet die park is net in my kop (later het ek uitgevind die park is in Ponsonby en nie Takapuna nie). Gelukkig het ons die kaart gekry by dié park wat wel in Takapuna is. Dit het aan ons getoon hoe ver ons reeds geloop het en die terugroete aangetoon. Ons het gelukkig die beste van 'n slegte saak gemaak en die dag baie geniet. Ons kon darem water en sap koop by 'n BP vulstasie en vrugte by 'n stalletjie oppad. Daarna het ons die roete terug gevolg en baie foto's geneem. Die wandelpad loop langs die see en die skytower en ander hoë geboue in die CBD is kort-kort insig.
Die park het nie veel ingehou behalwe die eienaardige kunswerk nie (wat ons nie kon waardeer nie) en die pragtige uitsig oor die stad.
Dan begin die goed uitgelegde wandelpad met duidelike aanwysings om te volg.
Koning Hendrik op sy troon
Hier spandeer ouers baie tyd saam met hul kinders. 'n Mens sien oral gesinne op fietse, in parke, by eetplekke en op die strande.
Hierdie twee toringgeboue op die onderste foto is weer in Takapuna se middedorp.
Oral was bordjies soos die, om die roete aan te toon. Hendrik dra ons vrugte wat ons by 'n stalletjie langs die pad gekoop het, in die rooi sak
'n Blaaskansie en ek moet darem wys ek was ook daar.
Daar is soos aangetoon op die kaart 'n speelparkie met skoon toilette op die roete.
Dan stap ons maar weer voort.
'n Pragtige eendjie by 'n pannetjie water langs die pad en
'n Pukekuo (New Zealand swamp hen), dit is 'n inheemse spesie wat floreer hier in New Zealand
Die eendjies is so besig om kos te soek dat ek hul nie met hul koppe bo die water gevang kon kry nie.
Gedeeltes van die pad stap 'n mens deur die woonbuurt. Die 3 privets voor die huis was vir my te oulik
Die tekens op die sypaadjie toon aan waar langs die kinders van die skool af stap.
Moeg en honger kom ons weer by die middedorp aan. Nadat ons geeët het, begin die soektog na ons kar. Ons kom op die kunswerk af
en die seetoneel.
Na 'n lang gesoek vind ons die kar en kom agter ons kon net deur 'n stegie gestap het van die cafe waar ons geeët het. Asof ons nog nie genoeg gestap het vir een dag nie!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking