Devonport het 'n groot aantrekking vir toeriste agv die groot hoeveelheid antieke winkels, eetplekke, geskenk- en boekwinkels. Daar is 'n ferry wat toeriste hierheen vervoer vanaf die middestad. Die Devonport Food and Wine Festival wat jaarliks hier gehou word, lok ook baie mense. Ons het ook die museum hier besoek en teen Mount Victoria uitgery (daarvan vertel ek later).
Hendrik wou graag hierheen kom. Ek het nie besef hoe (weereens) asemrowend mooi dit hier is nie. Ek hoef nie veel verder te sĂȘ oor Devonport nie, want die foto's spreek vanself en soos jul kan sien, hoef 'n mens nie vir 'n oomblik verveeld te wees in New Zealand nie.
Hendrik staan en bewonder die mooi toneel wat jul op die volgende paar foto's sal sien.
Onderste foto: "This stone on the King Edward Parade was laid on August 9th 1902 in commemoration of Peace in South Africa by E.W. Alison, Mayor"
Die museum vertel kortliks die geskiedenis van Devonport en bestaan uit oudhede wat deur inwoners van die area geskenk is.
Devonport uit die lug op 'n foto in die museum. Links voor is die vulkaniese berg, Mount victoria
Hierdie stuk hout is 'n slagterstafel wat gebruik is om vleis te verwerk.
Ek wil net wys ek was darem ook daar (in die tuin van die museum).
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking