Hoeveel keer het ek die woorde gehoor daar in die begin toe ek pas begin werk het. Ek het gesukkel om vingerafdrukke gemaak te kry sodat ek my polisieklaring uit Suid-Afrika kon kry. Ek wou my registrasie by die onderwysersraad so vinng moontlik deur kry. Die gesukkel het my moedeloos gemaak en dis wat die Kiwi's die hele tyd vir my gesê het. Dit het my nie baie gehelp nie, ek wou die registrasie deur kry sodat ek meer geld kon verdien en kon uitkyk vir 'n permanente pos. My geduld was op proef gestel.
Nou sit ek weer in dieselfde posisie. 'n Biopsie is gedoen asook bloedtoetse en 'n CT scan. Maandag het ek die Oor, Neus en Keelarts gesien. Hy het 'n kamera, deur my neus, in my keel ingedruk, alles daar gesond verklaar en daana bevestig wat ons reeds geweet het. Dit is kanker, dis versprei na die een limfklier of knoop onder die kaak, maar my longe is skoon. Hy het gereël dat ek Donderdag, 3 Oktober, die spandokters ontmoet wat verantwoordelik sal wees vir my behandeling; chirurg, radioloog, onkoloog, plastiese chirurg, narkotiseer ens.
Ek is ook verwys vir 'n biopsie van die limfklier en 'n MRI scan van die sagte weefsel waar die seer in my mond is. Dit sal eers Maandag, 7 Oktober, en Dinsdag, 8 Oktober, gedoen word. Intussen moet ek maar wag en geduldig wees.
Vandag was ek weer by Magda Erasmus en sy sê, sy kan sien hoe die mondseer groei en my gesig is effens geswel waar die limfklier is. My geduld hardloop uit, ek weet, 'I'll get there eventually', maar vir my voel dit soos lewe of dood. Die angs val my aan oor die gedagte aan pyn, tande en been in my gesig wat moontlik verwyder moet word, die herkonstruksie van my gesig, 'radiation therapy', hare wat gaan uitval... dis soos 'n nagmerrie. Hoe gouer als gebeur, hoe kleiner is die kans dat dit versprei.
Ek kyk na klein Aisling en ek weet dat ek graag nog 'n paar jaar saam met haar sal wil spandeer sodat sy my kan onthou. 'n Mens weet nie wat die toekoms inhou nie en mens leef asof jy vir ewig gaan lewe. Die ironie is, agt maande gelede was ek so depressief en wou ek nie meer lewe nie. Nou het ek weer lus vir die lewe, maar die toekoms is duister. Ons is mos nooit tevrede nie.

Ouma se melkbekkie |