Frederik-hul woon in Browns Bay en ons was tien wat hier bymekaar gekom het vir Kersfees. Andries pas vriende se honde op by hul huis in Ellerslie (waar ons ook verlede jaar Kersfees deurgebring het) en Matthys en Sumari kuier ook daar by hom. Dit is baie nader aan die stad en dit gee ons ruimte om hier by Frederik-hul tuis te gaan. Die drie het darem Oukersaand hier oorgeslaap en Kersfees by ons gekuier.
Hendrik stap hier in by die inrypad na die huis waar Frederik-hul woon.
Uitsig oor die woonbuurt vanaf die dek by die sitkamer uit
Die foto met die pragtige see-uitsig het ons van die straat af geneem so 'n entjie van die huis af.
Moya kan nie wag dat ons die geskenke oopmaak nie, want sy weet daar is vir haar ook een. Oupa Frederik speel met Isaac terwyl Marnie 'n ogie oor hul hou.
Die twee geskenkies wat Moya so oppas, haar en Buksie s'n.
Ons besluit Isaac moet haar maar gaan help om seker te maak niemand gaps 'n geskenk nie,
maar dit maak hul net meer ongeduldig. Wanneer mag ons dit maar oopmaak?
maar dit maak hul net meer ongeduldig. Wanneer mag ons dit maar oopmaak?
Isaac lyk heel in sy skik met sy geskenk van my af.
en dan kan ons almal lekker saam eet!
Moya het haar geskenkie opgeëet en kan rustig verder slaap op haar bedjie
en Buksie kan weer tv kyk (dis sy daaglikse tydverdryf).
Isaac kom gou agter dat sy ou speelgoed baie lekkerder speel en sy 'laptop' wat Kersvader gebring het, lê eenkant.
Arme Barend moet maar weer vleisbraai, Kersfees is mos nou verby.
Frederik en Hendrik kuier te lekker met 'n bier in die hand
en Isaac se naels moet gesny word (kyk hoe soet sit hy terwyl Marnie dit doen)
Een aand verras 'n pragtige volmaan ons toe die son ondergaan.
Kersfees is voorwaar 'n tyd om saam met familie te wees, net jammer nie een van ons twee kinders was hier nie. My eerste Kersfees sonder Rialeen.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking