As jy begin sukkel soos ek om te registreer by die New Zealand Teachers Council (NZTC) (ander kom tot hier en begin dan eers vir verblyfsreg aansoek doen, my hart gaan uit na hulle!) dan besef jy hoe naief 'n mens is as jy hier aan land gaan.
Ons het gelukkig al ons papierwerk voor die tyd gedoen en ons verblyfsreg al verlede jaar (2010) in Mei-maand gekry. Ek het voor die tyd besluit dat ek nie hier as 'n spraak en taalterapeut gaan werk nie, maar my ander kwalifikasie (waarin ek nie juis ervaring het nie) gaan gebruik nl kleuteronderwyseres. Ek het baie advies gekry van oud-Suid-Afrikaners wat reeds hier werk in die kleuteronderwysbedryf of ander wat iemand ken in New Zeeland. Ek het ook goed navorsing gedoen op die internet en besef daar is baie werk as 'n sogenaamde 'relief teacher' wat die Engelse 'n 'substitude teacher' noem.
Ek het besef dat ek moet registreer by die NZTC en het daarom al die dokumente gereed gekry wat op die aansoekvorm aangetoon word. Maar op nommer nege-en-negentig het ek besluit om dit liewer hiervan uit Wellington te doen sodra ons 'n posadres het. Groot fout! Nadat Hendrik terug is Suid-Afrika toe, het ek dit gepos en groot was my verassing toe ek na 'n paar weke 'n epos kry met 'n lys van nog dokumente wat ingedien moet word.
Nou ja, nou sit ek hier in Wellington. Gelukkig het ek vir Hendrik in Pretoria om te help, maar hy reis die wereld vol vir sy werk en het al die verantwoordelikheid om al ons sake daar afgehandel te kry. Verlede week het ek uiteindelik die totale aantal dokumente ontvang (5 maande nadat ons hier aangekom het). Die mense in SA verstaan nie ons is in 'survival mode' en ons brood en botter hang van die dokumente af nie. Om nie eens van Unisa te praat nie! Nou kan ek dit instuur en bid dat hul my gaan registreer, want my nagraadse diploma is nie vergelykbaar met enige New Zeelandse onderwyskwalifikasie nie en bo-alles het ek ook nie juis ervaring in die veld nie. Hul erken n
Intussen moet ek en Rialeen probeer oorleef in New Zeeland. Ek het uitgewerk dat ons so 5 maande, miskien 6, oorleef op die geld wat ons saamgebring het. Maar toe ek sien hoe vinnig die geldjies uitloop, raak ek baie benoud. Ons het net met 'n tasklere elk hier aangekom en Rialeen se rekenaar. Daar is baie goed wat ons nodig het o.a warm beddegoed, klere wat by die weer pas, simpel goed wat 'n mens in die kombuis nodig het, verwarmer ens ens.
Hendrik was skaars weg toe besef ek, werk sal ek maar moet kry. Die geld gaan nie 5 maande hou nie, ons sal kan oorleef, maar niks anders doen nie. Ek het begin op die internet en my CV begin rondstuur. Ek het ook al in SA met 'n agent kontak gemaak wat onderwysers help met 'relief' werk. Sy is die eerste een wat ek kontak, maar sy is so ongeskik, wat my net nog meer gedetermineerd maak om wel werk te kry. 'Preprimary' beteken glo vir haar niks (dis wat my kwalifikasie in SA genoem word). Hul praat van 'Early Childhood Education'. Sorry tannie! Iemand anders sal my wil he met al my ervaring met kinders.
En binne 6 weke nadat ons in Wellington aangekom het, het ek vir die eerste keer hier gewerk by 'n kleuterskool, maar dit is 'n lang ander storie wat ek op 'n ander dag sal vertel.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking