Cuba Street
Cuba straat is bekend vir sy cafe's en coffee shops.
Daar is ook 'n verskeidenheid 'previously loved' klere en meubelwinkels asook vintage stores (maw second hand). Previously loved is hoog mode in NZ ('n vorm van recycle)
Hier is 'n verskeidenheid straatmusikante, van laerskool kinders tot ou omies wat nog nie uit die 60's ontsnap het nie. Rialeen se vriendin, Emily, studeer opera en sy sing ook hier. sy se sy maak 'n goeie inkomste daaruit.
'n Sambreel by die kruising sodat jy nie nat reen terwyl jy wag nie,
Rialeen drink gereeld 'n filterkoffie by Mr Bunn. Cuba straat is om die draai van die design kampus. $3 koffie is al wat sy kan bekostig :-)
Oppad na Courtenay Place Courtenay Place Dit is waar die busterminus is in die stad. Die geel bus is Go Wellington en die groen is Mana waarmee ons ry. Dit is ook die 'lewe' van Wellington. Hier is deurnag vermaak. Prostitusie is wettig in NZ onder sekere voorwaardes. 'n Mens sien dus geen meisies op die hoeke van strate nie, maar hier is 'adult clubs'. Alles is baie diskreet en pla 'n mens nie. Ek sien Wellington het darem ook een minibus :-) |
1 opmerking:
koffie by mr bun is nog cheaper, dis $2.50... wou net se....
Plaas 'n opmerking