Donderdag 28 Julie 2011

Upper Hutt
















Garden Cafe 


Terwyl Hendrik nog hier was (Rialeen het toe reeds begin met orientering by die universiteit), het ons eendag Upper Hutt toe gery. As jy uit die stad ry, is daar 'n groot natuurreservaat waar 'n mens kan kamp. Dit kos $5 (R30) vir 'n staanplek. Jy sit dit in 'n koevert en gooi die geld by die hek in 'n bussie. Oral het mense tente opgeslaan. Daar is kombuisgeriewe en die gewone stortgeriewe en toilette. Ons het by die Garden Cafe iets gedrink. Die omgewing is regtig asemrowend mooi.

Ek en Rialeen het ook eendag met die trein Upper Hutt toe gery, maar dit was maar teleurstellend. Ons kon nie met 'public transport' uit die stad gaan nie en moes maar in die dorpsgedeelte rondhang. Daar gaan nie veel aan nie. Daar is 'n mall met so 10 winkeltjies, koffieplekke en 'n Indiese restourant (waar ons geeet het). Dis soos 'n klein dorpie in 'n groot stad. Ons was op 'n vrydagmiddag daar en al die eetplekke het 4 uur toe gemaak. Ons was net betyds vir die Indiese eetplek wat 3 uur toegemaak het.

Daar is darem teaters waar Rialeen een aand saam met 'n meisie gaan fliek het (sy kom ook van Suid-Afrika af). Dit is omtrent 'n uur se ry met die trein van Wellingtonstasie. Ons moes eers tot op Welllingtonstasie ry en dan weer uitry Upper Hutt toe. Dit was nou nie eintlik die moeite werd nie. Selfs die aand toe Rialeen daar gaan fliek het, moes sy 2 ure voor die tyd hier vertrek en dit het haar weer dieselfde tyd geneem om terug te kom en nog die bult kom uitstap tot by ons huis, in die middel van die nag.

Geen opmerkings nie: