Ek het nou al twee nagte in my eie bed geslaap. Hoewel ek baie angstig was om huis toe te kom, is dit lekker om hier by my eie huis te wees. Ek eet ook gesonder as in die hospitaal waar hul fokus op hoë kalorie kos. Ek kan net sagte kos eet en gaar groente werk die beste. Die rou groente en vrugte smoothies brand nog my mond, maar ek kan gemaelde vleis eet, sag gekookte eiers en roomkaas. Hoendersop werk ook lekker, want die vleis kook sag en ek kan allerlei groente daarin sit en dit dan blend. Ek het 'n reuse eetlus en is baie dankbaar daarvoor, want ek is moeg en sonder energie. Ek slaap nog baie deur die dag, maar nou ja, die dokters het gesê, al wat ek die volgende vyf weke moet doen, is rus en krag bymekaar maak vir die ses weke bestraling wat in die middel van Desember sal begin.
My Cancer Nurse Coordinator het vandag gebel en 'n lang gesprek gehad asook my Mental Health Nurse, Riz. Sy het toevallig in die Plastic Surgery Ward gewek voordat sy begin spesialiseer het in geestesgesondgesondheid. Sy en die psigiater, Dr. Duncan, sal my volgende week Dinsdag by die huis kom besoek vir 'n terapiesessie en om 'n oog te hou oor my gemoedstoestand.
Verder het iemand van die Kankervereeniging my gekontak en aangebied om ons finansieël te help met koepons vir petrol asook kruideniersware. Ek het ook 'n afspraak vir volgende Maandag om die dieetkundige en spraakterapeut te ontmoet by Wellington Hospitaal. Hul sal verantwoordelik vir my wees terwyl ek bestraling daar kry. Die 27ste November ontmoet ek die radioloë wat die bestraling gaan doen. Hul gaan die afmetings neem vir my doelgemaakte masker wat ek tydens elke bestralingsessie sal gebruik.
So jul kan sien, never a dull moment vir my nie. Tussen al hierdie aktiwiteite moet ek probeer rus en aansterk sodat ek fase twee van my behandeling kan deurmaak.
My laaste foto in die hospitaal, gereed om huis toe te gaan💛 |
Die nasorg en spanwerk is ongelooflik hier in New Zealand. Ek is Maandag uit die hospitaal ontslaan, Dinsdag vroeg het 'n verpleër van die distriksraad 'n besoek afgelê om al die papierwerk te doen sodat hul kan begin om my wonde tuis te versorg. Donderdag en Saterdag sal 'n verpleegster kom om al my wonde skoon te maak. Ek het 'n lang snit in my nek waar die limfkliere verwyder is, die steke het bietjie septies geraak en moet versorg word asook die die trachea snit, die wond op my arm waar die spierweefsel en aar uitgesny is en die wond op my been waar vel verwyder is om oor die gat in my arm te werk. Ek het gekies om van volgende week af na die hospitaal te gaan vir my wondeversorging, elke tweede dag. Hendrik is op verlof tot die einde van die maand en sal my rondry. Dis goed vir my om redes te hê om uit die huis te kom.
My Cancer Nurse Coordinator het vandag gebel en 'n lang gesprek gehad asook my Mental Health Nurse, Riz. Sy het toevallig in die Plastic Surgery Ward gewek voordat sy begin spesialiseer het in geestesgesondgesondheid. Sy en die psigiater, Dr. Duncan, sal my volgende week Dinsdag by die huis kom besoek vir 'n terapiesessie en om 'n oog te hou oor my gemoedstoestand.
Verder het iemand van die Kankervereeniging my gekontak en aangebied om ons finansieël te help met koepons vir petrol asook kruideniersware. Ek het ook 'n afspraak vir volgende Maandag om die dieetkundige en spraakterapeut te ontmoet by Wellington Hospitaal. Hul sal verantwoordelik vir my wees terwyl ek bestraling daar kry. Die 27ste November ontmoet ek die radioloë wat die bestraling gaan doen. Hul gaan die afmetings neem vir my doelgemaakte masker wat ek tydens elke bestralingsessie sal gebruik.
So jul kan sien, never a dull moment vir my nie. Tussen al hierdie aktiwiteite moet ek probeer rus en aansterk sodat ek fase twee van my behandeling kan deurmaak.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking