Maandag het ek nie gewerk nie (gelukkig is ek vir die res van die week redelik vol geboek). Rialeen is ook nog op 'midterm holiday', dus het ons besluit om die dieretuin te besoek. Dis 'n uitstappie wat ons al wou onderneem toe Hendrik nog hier was, maar die hele tyd bly uitstel het. Ons het nie die wonderlikste weer gehad nie, maar gelukkig het die son ons darem nie doodgebrand nie. Ons het die dag baie geniet. Motreën het begin val net nadat ons by die hekke uit is en vir die bus gewag het om huis toe te gaan. So, ons kan nie teveel kla oor die weer nie. Dit was net bewolk en kouer as wat ons verwag het omdat ons in die laaste tyd so baie heerlike sonskyndae gehad het.
Ek was weer so slim om die kamera se memory card by die huis in die rekenaar te los en ons moes dus foto's met my selfoon neem. Die son was soms so in die pad en maak dat sommige foto's oorbelig is of dit was bewolk en die foto's het te donker uitgekom.
(Kliek op die foto's om dit groter te maak)
Dis die enigste Red Fronted Macaw in New Zeeland, 'n bedreigde spesie wat 'n voëlhandelaar in die land ingesmokkel het. Die dieretuin het beslag gelê op hom, maar mag nie 'n wyfie vir hom invoer nie. Hy bly al jare so alleen in die dieretuin en is vreeslik mak.
Dieretuine in New Zeeland hou nie meer olifante aan nie omdat hul so 'n groot ruimte nodig het en in families funksioneer
Rooi panda's wat nie kan stilstaan vir 'n foto nie. Onder is twee van hul in die takke van die bome.
'n Venda statjie met bokke en hoenders en al die afrika-diere
Die leeu brul dat mens hom kilometers ver kan hoor, maar hy wou net nie stilstaan dat ons 'n behoorlike foto kan neem nie.
'n Suid-Afrikaanse projek wat deur New Zeelanders ondersteun word
'n Chimp 'kunswerk'
Die chimps het darem 'n goeie uitsig oor Wellington
Etenstyd en maelvleis op die spyskaart
Malaysian sun bears
Wag vir 'n geskenkpakkie met heuning en konfyt lekkernye in
Hierdie is die enigste Pelikaan in New Zeeland. Hy is 37 jaar oud en woon al 34 jaar in die dieretuin. Hy het nog nooit probeer wegvlieg nie en sy vlerke word dus glad nie geknip nie. Hy het 3 wyfies oorleef waarvan een vir 22 jaar sy maat was. Hy is hondmak.
Dassie-agtige diertjies wat saam met die Red Fronted Macaw in 'n hok woon.
'n Vrolike busstophuisie om te pas by die dieretuin