Woensdag 17 Augustus 2011

Sneeu in Wellington: Sondag 15 Augustus

Na al die gespog oor die goeie weer in Wellington, is ons heerlik verras vandag met sneeu en die koudste weer sedert 1976.

Ek was redelik moeg na gister se uittog na die hospitaal en die laat by die huis kom. So teen drie-uur besluit ek dis tyd vir 'n sondagmiddagslapie. Hierby halfvyf se Rialeen sy gaan stort en ek moet haar help om 'n plastieksak oor die gips aan  haar hand te sit. Ek luier nog lekker onder die komberse toe ek mense hoor lag en praat in die straat. Dit klink net te vrolik en ek spring uit my warm bed om deur die venster te kyk wat aangaan. (Hier storm almal straat toe vir  enige gebeurtenis bv die aand toe die krag afgegaan het en een aand het hul 'n man hier reg voor ons huis in die straat raakgery.) Groot was my verbasing om te sien die hele wêreld  om ons is toe gesneeu. Ek het net een roep gegee vir Rialeen, die kamera gegryp en uitgestorm. Wat 'n verassing vir 'n oud-Gautenger!






 Ons Indiese bure, Ajay, Anita en babatjie










Geen opmerkings nie: