Saterdag 27 Augustus 2011

Paraparaumu Beach

Dit word nou lekker warm hier in Wellington en die lente is in die lug. 'n Mens sal nie se dit het twee weke gelede hier gesneeu nie. Oral is bloeisels aan die bome en die tuine van die stadsraad is vol lenteblomme. Rialeen het nou 'midterm holidays' en ons het besluit om die goeie weer te benut en vandag met die trein al langs die Kapiti coast af te ry tot by Paraparaumu Beach.

Ons kon daar uitkom met die gewone Metlink-trein wat deur Porirua gaan. Dit is so 'n uur se ry vanaf die Wellingtonstasie. In Paraparaumu is ook Mana-busdienste en ons kon dus ons gewone buskaart daar gebruik. Die strand is so vier kilometer van die stasie af. Ons het eers besluit om dit dapper per voet aan te pak, maar toe ons die eerste bus sien aankom, het ons vinnig opgehop en dit het ons net $1.60 gekos om tot by die strand te ry.



 'n Oggendmark met die gewone groente, vrugte, varsbrood en ander gebak, tuisgekookte konfyt ens
 en 'n paar oulike hondjies te koop

 China Beach Take Aways
 Die wolke in New Zeeland is asemrowend mooi!





 Ons kon nie wag om ons kerriemaelvleisbroodjies langs die see te eet nie
 Tyd vir 'n middagslapie
 en dan rondsnuffel in 'n paar winkeltjies

Koffie in 'n cafe (Rialeen met haar afvinger in 'n spalk)

Ek (met al my plooie)
Verder op die strand gaan stap



'n Busstop soek
Wat is daar om te eet terwyl ons vir die bus wag? O ja, chocolate brownies wat ons by die mark gekoop het.

Geen opmerkings nie: