Dinsdag 30 Augustus 2011

'n Piekniekplek in Tawa

Vandag het ek besluit om na die stasie te stap in my verpligte etensuur en groot was my verbasing om agter te kom dat daar 'n groot piekniekplek letterlik oorkant die pad van Kindercare is tussen Dressmart en die stasie.

Ek dreig al lankal om daardie kant toe te stap. Van die jongmeisies wat saam met my werk en ook 'public transport' gebruik, het aan my verduidelik waar die stasie is. Ek kan egter nie van ons af met 'n trein tot in Tawa ry nie. Ons ry met die Johnsonville trein en ons stasie is waar die trein omdraai en teruggaan na Wellingtonstasie. Die trein wat deur Tawa gaan, gaan ook na Porirua en loop op 'n ander treinspoor vanaf die Wellingtonstasie.

Toe ons Saterdag Paraparaumu toe was, het ons verby die stasie naby my werk gery en daarom het ek vandag besluit om te gaan kyk wat daar aangaan. Ek sien altyd die borde dat daar 'n motel is met konferensie geriewe. Ek het gedink dat daar dalk ook 'n cafe kan wees waar 'n mens iets kan drink, maar toe ontdek ek 'n die wonderlikste piekniekplek! En dit is veilig. Ek kan stoksielalleen daar gaan sit en boek lees en my toebroodjies eet.


 En 'n 'selfcleaning' toilet met 'n weird mansstem om aan jou te verduidelik hoe alles werk en dat jy net 10 minute het om die toilet te gebruik voordat hul jou saam met die toilet gaan reinig.




 'n Bruggie om oor die rivier te gaan
 'n Speelparkie vir die kinders en jy kan jou hond vat om oefening te kry. Jy moet net self sy poo optel.

Geen opmerkings nie: