Donderdag 18 Augustus 2011

Sneeu: Maandag en Dinsdag


Maandagoggend skyn die son weer lekker

Maar nie vir lank nie!


En as dit val, val dit behoorlik


Katspoortjies in die sneeu
Ons (of liewer John se) vervalle 'hot house'




Te koud om uit te gaan, neem sommer 'n foto deur die venster
Lyk my die eendjies kry nie koud nie
Ek het die hele Maandag onder die komberse gesit met my laptop op my skoot. Arme Rialeen moes maar klas toe gaan. Toe sy Dinsdag terugkom, het sy my uit die bed geboender en na die local bar gevat vir 'n glasie rooiwyn en 'n flat white (soos 'n cuppachino). Binne in die bar is dit ten minste warm. Ons huisie is vriesend in die weer.
Voor Nando's in Johnsonville
Voor die fruit en veg in Johnsonville. Die chinese vrou wat daar werk, ken my al goed. Sy sit altyd my aankope in 2 sakke en dan weeg sy dit dat dit eweveel weeg, want sy weet ek moet dit terug dra teen die bult uit.

Geen opmerkings nie: