My woorde het skielik verdwyn. Daar is 'n stilte wat oor my gekom het soos 'n dier wat na die slagpale gelei word. Ek het nie antwoorde vir al die vrae wat deur my gedagtes gaan nie, maar as ek voor die slimmense sit en hulle vra my of ek vrae het, kom niks oor my lippe nie. Al die antwoorde in die wêreld kan nie hierdie beker van my wegvat of my voorberei vir wat ek sal moet deurgaan nie. My mental health nurse het gesê, ek moet nou ophou lees oor kanker en begin fokus op ander aktiwiteite wat my sal help om te ontspan en die oomblik te geniet. Ek moet leer om vir die oomblik te leef, want ek weet nie regtig wat die toekoms gaan inhou nie.
As mens so met die dood gekonfronteer word, begin jy outomaties reflekteer op die verlede. Jou hoop is op die toekoms, maar jy wonder wat jy anders kon gedoen het met dit wat op jou lewenspad gebring is. Het jy hard genoeg probeer? Het jy die regte besluite geneem? Het jy 'n impak gemaak op die lewens van jou geliefdes of die mense waarmee jy in kontak gekom het deur die jare?

As jy krities soos ek is, is daar baie dinge wat jy weet jy kon anders gedoen het, maar dis nou verby en ek kan dit nie verander nie, maar as die Here my spaar, sal ek harder probeer in die toekoms en probeer om dit beter te doen. Ek is nou 'n nuwe persoon wat onder die skadu van kanker gaan lewe vir die res van my tyd hier op aarde.
Een ding waaroor ek nie spyt is nie, is dat ek die stap geneem het om na New Zealand te kom. Ek het soveel dinge geleer hier wat my lewe so verryk het. Om elke dag in hierdie asemrowende natuurskoon te leef, is 'n geweldige voorreg. Hierdie rustige lewe sonder vrees vir mens se veiligheid, is onbeskryflik. Die stadiger pas van die lewe hier in Wellington pas my goed.
Ek is nog steeds dieselfde mens, maar my lewe is soveel ryker. Die lewe hier het my so verander dat ek nooit weer in Suid-Afrika kan leef nie. 'n Mens raak gewoond aan die ordelikheid van almal om jou, waar meeste mense reëls en wette gehoorsaam. Waar jy weet jy gaan elektrisiteit hê om aandete te kook en jouself warm te hou in die winter. Waar daar altyd water in die kraan is en dis skoon en suiwer genoeg om te drink. Waar jou lewe nog waarde het en die gedagte dat iemand 'n mes deur jou hart kan steek omdat jou selfoon vir hom 'n ete kan koop, nooit in jou gedagte opkom nie.
Môre is die groot dag wanneer vier tande uitgetrek gaan word, agter in my onderste kaak waar die kanker is. Dit gaan deur die mondchirurg gedoen word wat die biopsie op die mondseer gedoen het, Dr. Barry Geldenhuys. Dis definitief nie iets waarna ek uitsien nie. Ek het gehoop dat dit onder narkose sou gebeur op die dag van die operasie, maar die operasie gaan elf ure of langer duur. Dit is dus beter om dit voor die tyd te doen.
Die biopsie wat Dr. Geldenhuys laat doen het, het aangetoon dat die oopseer in my mond positief toets vir squamous cell carcinoma. Dit is bevestig deur 'n CT en MRI scan wat gevolg het. Daar is ook limfkliere gevind, een vlak 1B, een vlak 1A en 'n vlak 2A (vir die met mediese kennis). Daar is ook 'n limfklier met 'n deursnit van 6mm wat net onder die vel is. Dis die een wat sigbaar is waar my gesig geswel is. 'n Dunnaald aspirasie (biopsie) is op die limfklier gedoen en die resultate toon dat dit kanker is. Wat impliseer dat die kanker in die seer in my mond, besig is om te versprei.
Vrydag het ek die tandarts ontmoet wat verantwoordelik sal wees vir die nasorg van my tande. Bestraling doen baie skade aan 'n mens se tande en goeie nasorg is dus baie belangrik. 'n Dieetkundige en spraakterapeut maak ook deel uit van die span wat verantwoordelik sal wees vir my rehabilitasisie, aangesien ek nie sal kan eet vir 'n langtyd nie. Ek gaan dus hulp nodig hê van die spraakterapeut om my te help om weer te kan sluk en 'n dieetkundige om toe te sien dat ek die nodige voedingstowwe inkry deur middel van smoothies, sop en ander brousels en drankies. Ek mag ook spraakterapie kry om my te help om weer verstaanbaar te praat.
Dis nou my lot kortliks opgesom. Ek is dankbaar ons is hier in New Zealand. Al hierdie doktersbesoeke, toetse, chirurgie en nasorg, gaan ons nie 'n sent kos nie. Ek weet dat my lot in die hande is van dié beste dokters in die wêreld en dit help my om in die nag te kan slaap terwyl ek hierdie donkertyd in my lewe inwag.

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking