Hendrik is 'n elektroniese ingeneur. In Suid-Afrika het hy as projekbestuurder gewerk op groot projekte wat hom die wêreld vol gestuur het en ons in staatgestel het om 'n bogemiddelde lewensstandaard te handhaaf. Ons het in 'n groot huis gewoon in 'n goeie area in Pretoria, met 'n swembad en al die ander luukshede wat Suid-Afrikaners aan gewoond is; 'n huishulp, tuinwerker, goeie karre ens. Ons het dit alles prys gegee om hier in Wellington te vestig. Dis nie hoe ons dit beplan het nie, maar dis hoe ons storie verloop het.
Hendrik is jonger as ek en hoewel ons albei se beroepe in aanvraag is hier in New Zealand, was hy die hoofaansoeker. Ons was albei reeds in ons vyftiger jare, as jy ouer as 55 jaar is, gaan hul jou nie sommer hier toelaat nie. Ouderdom was dus 'n faktor in ons aansoek.
Ons het 'n neseier in Suid-Afrika van pensioengeld, polisse en ander beleggings wat ons nog nie oorgebring het na New Zealand toe nie. Ons het dus nie finansieël geïmmigreer nie hoewel ons reeds burgerskap hier het. Ons het ons huis n Pretoria verkoop en die geld gebruik om hier 'n huis te koop.
Die geld in Suid-Afrika stel ons instaat om vir Sulet se besoeke aan ons te betaal of vir ons om daar te gaan kuier. Die doel met die geld is om ons te help oorleef as ons nie meer kan werk nie. Ons het beplan om hier te oorleef op die geld wat ons hier verdien tot ons besluit om af te tree.
Vir ons het niks uitgewerk soos ons beplan het nie. Hendrik het aktief gesoek vir werk toe hy hier aangekom het, maar kon niks kry gedurende die eerste twee jaar nie. Hy het twee of drie onderhoude gekry in die elektroniese rigting, maar hy is 'n Afrikanerseun wat wiskunde kan doen. Tale is nie sy ding nie en soos hy self sê, hy kan nie eens Afrikaans behoorlik praat nie, wat nog van Engels. Sy Engels het darem al baie verbeter, maar daar in die begin was dit maar met stampe en stote. Hy het later maar opgegee om enige iets in sy beroepsveld te kry. Sy ervaring was in die petrolbedryf en wapenvervaardiging.
Hy het by 'n opp shop volunteerwerk gedoen, terwyl hy uitgekyk het vir enige ander werk. Hier het hy geleer van die Kiwi-kultuur en sy Engels het baie verbeter. Hy het ook baie goeie vriende gemaak. Ons het 'n eenvoudige lewe gelei op my inkomste, maar ons was gelukkig.
Ons het die beste gemaak van ons omstandighede en probeer om soveel as moontlik van New Zealand te sien. Naweke het ons in ons direkte omgewing rondgery en besienswaardighede besoek in die groter Wellington area of staproetes gestap. Langnaweke het ons verder gery. Ons het 'n keer of wat by Tim se ma oorgebly en die omgewing daar in Hawke's Bay leer ken, gevlieg na Christchurch en Dunedin toe en telkens opgery Auckland toe om vir Frederik en Hannetjie te gaan besoek. Elke keer het ons 'n ander roete gevolg en op nuwe plekke oorgeslaap.
Hierdie idilliese lewe het vir amper twee jaar voortgeduur. In September 2014 het Hendrik baie siek geword en is met kolonkanker gediagnoseer. Van daar af het ons lewens totaal verander.
Gelukkig het ons nie met 'n huis vol meubels, troeteldiere en ander goed hier aangekom nie. Ons het nie nodig gehad om om 'n duur plek te huur wat ons goed en troeteldiere kon akkomadeer nie. Ons het nederig begin en stadige stappies gegee wat ons in staatgestel het om hier in die vreemde te oorleef, want ek het geweet, ek wil nie teruggaan om weer agter tralies en alarms te leef nie en te wag vir wanneer ons die volgende slagoffer van misdaad of moord word nie.
Terwyl Hendrik nog deur chemoterapie gegaan het, het die agent wat ons huis uitverhuur het in Suid-Afrika, ons uit die bloute gekontak om te sê dat daar iemand is wat belangstel om ons huis te koop. Die geld het ons instaat gestel om 'n huis hier in Wellington te koop.
Na Hendrik se tweede operasie om sy stoma terug te keer, is hy Suid-Afrika toe vir 'n besoek aan familie en vriende. Hy het ook daar gereël dat die geld oorbetaal word New Zealand toe. In Mei 2016 het ons in ons eie huis ingetrek.
Ons huis is beskeie, maar in 'n gevestigde middelklas omgewing. Dis 'n ou 3 slaapkamer huis waarvan die badkamer en kombuis opgeknap moet word. Ons het besluit dat Hendrik nie verder sal soek na werk nie. Na die kankerepisode was dit belangrik dat hy fisies en emosioneel moes herstel. Hy het dus begin om self die werk aan ons huis te doen, terwyl ek voltyds gewerk het.

Aisling en oupa besig om die tuintjie te beplan🤩 |
Hul bewonder oupa se handewerk
Die eerste ding wat Hendrik gedoen het, was om die wilgerboom, met die hulp van sy vriend John, uit te haal. Nou is ons al meer as 3 jaar hier. Hendrik het baie gewerk aan die huis gedoen, binne uitgeverf, 'n dek gebou waar die afdak voor die huis is, ingeboude kaste uitgebreek en nuwes ingebou en nou is hy besig om die waskamer op te gradeer.
Die eindproduk van Hendrik se harde werk. DIe dek gee ons 'n plekkie om te braai reg by die skuifdeur |
Die lewe by die huis het te eensaam geword vir Hendrik. Toe ons in Petone gewoon het, was ons om die draai van Rialeen, sy het gereeld ingeloer en ontbyt of middagete vir hul gemaak. Nou was dit nie meer moontlik nie en haar besoeke het al minder geword. Omdat Hendrik nie meer by die opp shop gewerk het nie, het hy minder kontak gehad met sy vriende daar. Ian se vrou was baie siek en John was vir lang tye in Australia. Hendrik gebruik amper geen alkohol meer na die kanker nie en sy matroosvriend het moed opgegee om hom te nooi vir 'n bier by die klub.
Sonder dat ek geweet het het Hendrik begin werk soek. In die middel van 2018 het hy by die Te Papa Museum se sekuriteisafdeling begin werk op kontrak basis en in Desember is hy voltyds aangestel. Die tweede inkomste kon 'n groot verskil aan ons lewens maak, maar ongelukkig was niks in my lewe nog ooit so straightforward nie. Die tweede inkomste was van korteduur, want eers word ek platgeslaan deur depressie en nou is ek gediagnoseer met kanker. Hendrik se inkomste is dus dié keer ons enigste inkomste, maar ons weet, ons sal anderkant uitkom🙏
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking